Pieter Howes: Suid-Afrikaanse joernalis, politieke kommentator, en akteur

Pieter Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur, en draaiboekskrywer.

In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.

Pieter Howes
Pieter Howes in 2012.
Geboortenaam Pieter Bosch Botha
Geboorte 12 Maart 1985
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterfte 6 Mei 2019 (op 34)
Sandton, Gauteng, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 2003-2019
Toekennings Standard Bank Ovation Award

Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die doelwit om die rasseskeiding te oorbrug. Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter geniet en was 'n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr.

Vroeë lewe

Pieter Bosch Botha word op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van At Botha en Annalise Bosch, beide akteurs. Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.

Hy voltooi sy studies in 2003 in drama en teater aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.

Persoonlike lewe

Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.

Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar. Hy het aan bipolêre gemoedsteuring en depressie gely.

Dood

Hy pleeg selfmoord in Mei 2019. Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is. Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood. Vele mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gepubliseer.

Teaterproduksies

Regisseur

  • 2007: Rapunzel
  • 2008: James and the Giant Peach
  • 2008: Madiba Magic
  • 2008: Liewe Heksie
  • 2009: Danny the Champion of the World
  • 2009: Little Blue Dress
  • 2009: Noises Off!
  • 2011: Hoedens
  • 2011: Rose Red
  • 2012: Swoop
  • Rooikappie
  • Wasgoed
  • The Witches
  • The Cage Fighter
  • I'll Have What She’s Having...
  • Of Birds and Beasts
  • Subject to Citizen
  • Hats

Akteur

  • 2004: Jack and the Beanstalk
  • 2005: Die Keiser
  • 2006: Cinderella
  • 2006: Dames en Here
  • 2008: Spoof Full of Sugar
  • 2008: Eat Me!
  • 2012: Fully Committed
  • 2013: Civil Parting
  • 2013: The Briefcase
  • 2014: The Full Monty
  • 2014: Spamalot
  • 2015: The Double Bass
  • 2015: Miss Margarida's Way

Radio

  • 2015: Nagrit Op Keetmanshoop

Filmografie

Akteur

Rolprente

  • The Van Rooyens

Televisiereekse

  • 2003: Soul Buddyz
  • 2008: Villa Rosa
  • 2008: Backstage
  • 2008: Askies!

Draaiboekskrywer

Televisiereekse

  • 2014: Villa Rosa

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pieter Howes Vroeë lewePieter Howes Persoonlike lewePieter Howes DoodPieter Howes TeaterproduksiesPieter Howes RadioPieter Howes FilmografiePieter Howes VerwysingsPieter Howes Eksterne skakelsPieter HowesGautengJohannesburgSandtonSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-SothoDoopWikipediaByvoeglike naamwoordSokkerHoofstadSkildklierCovid-19-pandemieEjakulasieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaLuiperdOnderwerp (taalkunde)MenseregtedagJapie GreylingKlimaatveranderingDansHoofpynTurkyeBronadresVerstedelikingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaDurbanKolonoskopieVersoeningsdagVaalrivierVenda (taal)ProteaEksponentHondGeskiedenis van Suid-AfrikaPornhubCradock-4LenteGrondsoorteVeelvoudige sinOseaanbesoedelingDrakensbergeDiskriminasieBladwisselendOm-te-infinitiefkonstruksieBywoordNadia ValvekensAfrikaansMagnesiumSkoolDaggaPablo PicassoIronieSean CombsGeslagsgelykheidDemokratiese Republiek die KongoEmfiseemKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKurt-Lee ArendsePersVerkoueAkademiaMidde-OostePubliekAnale seksKrapProksemikaKarakteriseringUnited Democratic FrontKortverhaalSlag van BloedrivierGrondbesoedelingAfkortingMark (ekonomie)Tolla van der MerweKaapstadse waterkrisis 2015-2018KinderregteResensieBloeddrukRooikatKoerantKomma🡆 More