Piet Hein (16 Desember 1905 – 17 April 1996) was 'n Deense digter, outeur, uitvinder, wiskundige en wetenskaplike.
Hein het die pseudonieme Kumbel, Kumbel Kumbell en Notorius Jubelco (Berugte Opgewekte) gebruik.
Piet Hein | |
Gebore | 16 Desember 1905 Kopenhagen, Denemarke |
---|---|
Oorlede | 17 April 1996 (op 90) Funen, Denemarke |
Nasionaliteit | Denemarke |
Vakgebied | Wiskunde |
Bekend vir | Raaisels, gedigte |
Piet Hein het groot geword in 'n geleerde familie wat gereelde kontak gehad het met kunstenaars en wetenskaplikes (onder andere Niels Bohr), en Karen Blixen was sy ma se niggie. Een van Piet Hein se voorvaders was die Nederlandse vlootoffisier en nasionale held Piet Pieterszoon Hein.
Nadat hy 'n hoërskool sertifikaat in wiskunde van die Metropolitanskolen verkry, gaan hy na Stockholm om verder by die Koninklike Sweedse Kunsakademie te studeer. Voordat hy sy studies daar voltooi keer hy egter terug om teoretiese fisika by die Universiteit van Kopenhagen te studeer. Hy voltooi ook nie die kursus nie.
Kumbel se Gruks is wêreldberoemd. Die meeste daarvan is in Deens geskryf, maar sommige is in meer as twintig tale vertaal. Dit is kort vindingryke gedigte, baie keer met tekeninge, wat blydskap met sorg en donkerte met lig kombineer. Tussen sewe- en nege duisend daarvan is geskryf. Die eerste en bekendste was oor die klein katjie op die pad (Deens: lille kat på vejen, der sgu var sin egen).
Hein is ook bekend vir sy meetkundige figure die superellips, (superellipsetafel), superellipsoïed en supereier.
As wiskundige het Hein gefokus op die toepassing van kombinatorika op speletjies. In 1942 vind hy die bordspeletjie Hex, aanvanklik genaamd Polygon, uit.
In 1959 ontwerp hy die Sergels Torg in Stockholm, Swede in die vorm van 'n superellips om 'n oplossing te bied vir die reghoekige vorm waarin die verkeersirkel moes in pas.
Wiki Commons bevat media in verband met Piet Hein. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Piet Hein (wetenskaplike), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.