Skuilnaam

'n Skuilnaam of pseudoniem is 'n uitgedinkte vals naam wat 'n skrywer of kunstenaar gebruik om sy werk te publiseer of bekend te stel.

Die skuilnaam word ook soms in Frans aangedui as die: nom de plume.

Skuilnaam
Voorblad van Jacob Daniël du Toit se digbundel, Trekkerswee wat onder die skuilnaam Totius gepubliseer is.

Skuilname word gebruik om ongewenste publieke aandag van die kunstenaar af weg te hou en 'n duidelike skeiding tussen die werk en die kunstenaar se persoonlike lewe te bewerkstellig. Dit kan ook gebruik word om die bepaalde kunstenaar se identiteit, geslag of ras weg te steek. In vroeë tye, veral tydens die Victoriaanse tydperk, kon vroue ook nie self boeke skryf nie, en is die boeke dikwels onder 'n manlike skuilnaam gepubliseer.

Voorbeelde

  • Boerneef was die skuilnaam van I.W. van der Merwe
  • Jacob Daniël du Toit (1877 – 1953) het sy gedigte onder die skuilnaam Totius uitgebring.
  • Johan Nel (Johannes Marthinus Nel, 1937-2018) het ook onder die skuilnaam Ben Lindemann geskryf.
  • Leon van Nierop gee sy liefdesverhale onder die vroulike skuilnaam Jacqueline Brink uit.
  • Mikro was die skuilnaam van skrywer C.H. Kühn (1903 – 1968).
  • Sangiro was die skuilnaam van skrywer A.A. Pienaar (1894 – 1979).
  • Stella Blakemore (1906 – 1991) gebruik verskeie skuilname oor haar lewe. Haar bekendste skuilnaam, Theunis Krogh, is afgelei van haar oupa aan haar ma se kant - Theunis Johannes Krogh, die ondersekretaris van die ZAR onder die administrasie van President Paul Kruger.
  • Ds. Willem Postma (1874 – 1920) se skuilnaam was Dr. O'Kulis (d.w.s. oogdokter).

Kyk ook

  • Alter ego
  • Bynaam
  • Nom de plume
  • Verhoognaam

Tags:

Frans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloeddrukHemelBesemIntensiewe vormHeelgetalSirkusLys van Kaapstad se voorstedeKomplementêre kleureWikipediaOnderwysEjakulasiePlae van EgipteOnse VaderVarkgriepWatersuiweringVreesApostoliese GeloofsbelydenisKolitisJeuksiekteTwaalf Stamme van IsraelAardbewingWetenskaplike klassifikasieTelefoonCarike KeuzenkampMondCristiano RonaldoModeontwerpDramaWindVulvaWalt DisneyMIV7de LaanKrokodilGeslagWêreld- Ekonomiese ForumSlawernyArabiesKlavierAnrich HerbstVlinderGeskiedenis van AfrikaansLuislangeJan CombrinkFopnuusRooibokGewone luislangOlifantNeerslagSeekoeiAtlantiese OseaanISO 3166-2OutismeVeeartsSpringbokkeMielieGasWerkersdagOrkney Snork NieOnomatopeeHamburgerIngrid JonkerSendelingposisieOseaanMiddeloorontstekingNelson MandelaLys van landeSteve HofmeyrTrevor NoahVerenigde State van AmerikaLieweheersbesieBesoedelingKweekhuiseffekElizabeth II van die Verenigde KoninkrykSteenkool🡆 More