Paleis Van Placentia

Die Paleis van Placentia (Engels: Palace of Placentia) was ’n Engelse koninklike paleis wat in 1447 gebou is in Greenwich, destyds ’n entjie van Londen af aan die oewer van die Teemsrivier.

Die paleis is in 1660 deur koning Karel II gesloop om plek te maak vir ’n nuwe residensie. Byna veertig jaar later het die Greenwich-hospitaal (tans die Ou Koninklike Seevaartkollege) hier ontstaan.

Paleis Van Placentia
Die Paleis van Placentia in ’n 17de-eeuse tekening.

Geskiedenis

Humphrey, Hertog van Gloucester, was die regent in die tyd van koning Hendrik VI en hy het die paleis laat bou met die naam Bella Court. In 1447 het Humphrey in onguns geraak by Hendrik se nuwe koningin, Margaret van Anjou, en is hy in hegtenis geneem vir hoogverraad. Hy is in die tronk dood – Shakespeare het gesê hy is vermoor. Margaret het Bella Court oorgeneem en die naam verander na die Paleis van Placentia.

Die paleis het vir die volgende twee eeue die belangrikste koninklike woning gebly. Dit was die geboorteplek van koning Hendrik VIII in 1491 en het ’n belangrike rol in sy lewe gespeel. Ná sy troue met Catharina van Aragon was Placentia die geboorteplek van hul dogter, Maria (later Bloedige Maria) in Februarie 1516. Ná sy troue met Anna Boleyn is hul dogter, Elizabeth (later Elizabeth I) in 1533 daar gebore. Hy is ook in 1540 daar getroud met Anna van Kleef. ’n Boom in Greenwich-park is bekend as Koningin Elizabeth se eikeboom; sy het glo as kind daarin gespeel.

Maria en Elizabeth het albei in die 16de eeu ’n paar jaar lank in Placentia gewoon, maar tydens die bewind van Jakobus I en Karel I is die Queen's House aan die suidekant van die paleis gebou. Placentia het verwaarloos geraak tydens die Engelse Burgeroorlog en is eindelik gesloop. Die Greenwich-hospitaal is in 1694 op die terrein gebou.

Verwysings

Verdere leesstof

  • Charles Jennings, Greenwich: The Place Where Days Begin and End, Londen: Abacus, 2001. ISBN 0 349 11230 4.

Eksterne skakels

0°0′24″W / 51.48222°N 0.00667°W / 51.48222; -0.00667

Tags:

Paleis Van Placentia GeskiedenisPaleis Van Placentia VerwysingsPaleis Van Placentia Verdere leesstofPaleis Van Placentia Eksterne skakelsPaleis Van PlacentiaEngelandEngelsGreenwich (Londen)Karel II van EngelandLondenTeemsrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ontdekking van goud in Suid-AfrikaSlag van Cuito CuanavaleKroonstadPropagandaKoolstofdioksiedWerkwoordMateriaalSaartjie BaartmanKolonoskopieAgtergrond (narratief)BynierHipoteseProteïenNikkelDolfynOutismeMeervoudPersentasieZack du PlessisErektiele disfunksieBeesMenslike skeletBeeldspraakMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaAnale kankerOogproblemeJudaïsmeKulturele diversiteitHip-hop-musiekKommunikasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TierKarlien van JaarsveldAardbewingTrekarbeidErica BoyerOranjerivierWindpompNatuurlike hulpbronWorsie VisserWoestynLeierskapDie GelofteTweede WêreldoorlogTrigeminale neuralgieImpakte van toerismeHartversakingAsiëLionel PetersonGeslagOopbroninhoudFiela se kindBevolkingMaagsweerKlein-KarooPlae van EgipteHondMantisNederduitse Gereformeerde KerkOlifantLys van hoofstedeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalVlinderGroot Muur van ChinaEllipstekenVratWikipediaLoodLeeuKultuurMetaalDaggaPhiladelphia, Wes-KaapAfkortingMisdaadSteenkoolWapen van Suid-Afrika🡆 More