Ou Styl- En Nuwe Styl-Datums

Ou Styl (O.S.) en Nuwe Styl (N.S.) word soms by datums gevoeg om dit duidelik te maak watter kalenderstelsel gebruik is.

Omskakeling van Juliaanse na Gregoriaanse datums
Tydperk (van 1 Maart van die eerste jaar tot 28/29 Februarie van die laaste jaar) Korreksie, dae
400500 +1
500600 +2
600700 +3
700900 +4
9001000 +5
10001100 +6
11001300 +7
13001400 +8
14001500 +9
15001700 +10
17001800 +11
18001900 +12
19002000 +13
2000–2100 +14

O.S. dui byvoorbeeld aan 'n datum is bereken volgens die Juliaanse kalender, wat voorheen in baie lande gebruik is, eerder as die Gregoriaanse kalender, wat tans in die meeste lande gebruik word. In Engeland se geskiedenis kan dit ook daarop dui dat die begin van die Juliaanse kalender aangepas is om op 1 Januarie te val, hoewel ’n ander jaarbegin op daardie tydstip gebruik is.

Hoeveel dae die twee kalenders verskil, wissel van eeu tot eeu. (Vergelyk tabel regs.)

Rusland

In Rusland is die Juliaanse kalender tot op 14 Februarie 1918 gebruik. Enige datum in die geskiedenis voor dié dag is volgens dié kalender (dus O.S.) bereken. So het die Russiese Rewolusie van 1917 op 25 Oktober (O.S.) plaasgevind en dit word steeds in Rusland die "Oktober-rewolusie" genoem. In die Nuwe Styl, wat toe al feitlik oral ter wêreld gebruik is, het die rewolusie egter op 7 November plaasgevind.

Die Oosters-Ortodokse Kerk gebruik steeds die Juliaanse kalender en daarom val Kersfees in Rusland en sommige ander lande tans op 7 Januarie (wat 25 Desember is volgens die Juliaanse kalender).

Engeland

In Brittanje is dit gebruiklik om die meeste datums van die Juliaanse kalender by die Gregoriaanse jaar aan te pas sonder om die dag en maand te verander. Die Engelse kalenderjaar het van die 12de eeu tot in 1752 op 25 Maart begin. ’n Gebeurtenis tussen 1 Januarie en 24 Maart sou dus in die vorige jaar geval het omdat die kalenderjaar toe eers op 24 Maart geëindig het.

Die datum van koning Charles I se teregstelling is in dié tyd aangeteken as 30 Januarie 1648 (O.S.). In moderne weergawes van die gebeure word die datum gewoonlik aangegee as 30 Januarie 1649 (N.S.). As die datum volledig omgeskakel sou gewees het na die Gregoriaanse kalender, sou dit 9 Februarie 1649 gewees het, die datum wat sy tydgenote in sekere dele van Europa waar die Gregoriaanse kalender toe reeds gebruik is, sou beskou het as die dag van die teregstelling.

25 Maart (O.S.) val in die Nuwe Styl op 6 April, en dit is steeds die eerste dag van die finansiële jaar in Brittanje.

Verwysings

Sien ook

Tags:

Ou Styl- En Nuwe Styl-Datums RuslandOu Styl- En Nuwe Styl-Datums EngelandOu Styl- En Nuwe Styl-Datums VerwysingsOu Styl- En Nuwe Styl-Datums Sien ookOu Styl- En Nuwe Styl-Datums1 JanuarieEngelandGregoriaanse kalenderJuliaanse kalender

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DramaJudaïsmeSuid-AfrikaGoogle TranslateBloedvergiftigingRobbeneilandMusieksimboleRina HugoSomerPubliekVaginaLyfstraf in skoleOseaanbesoedelingYouTubeTafelsoutNarsismeHorlosieIntensiewe vormWaarheid-en-versoeningskommissieByung-Chul HanVeelvoudige sinLionel PetersonKrapVerkoueKoos du PlessisWaterbesparing in Suid-AfrikaMetafoorWiki CommonsBorsReg tot ‘n gesonde omgewingKlimaatveranderingGianna MichaelsNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGriepJan van TonderNarsistiese persoonlikheidsteuringDubbelpuntOu Apostoliese KerkKommaSharpeville-slagtingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Steenkool in Suid-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneAardverwarmingSkaapJode in Suid-AfrikaProteïenKrugerwildtuinMagnesiumUniegebouLeierHolocaustAfrikaanse TaalmonumentBeesvleisKompasPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNasionale VrouedagAkroniem2001Olimpiese Somerspele 2012YsterPoesTemperatuurPlae van EgipteSkildklierRob HersovMorfologie (taalkunde)HamburgerImpakte van toerismeKerngeneeskundeKolonoskopieVulvaWinterGroot TrekHomofoonKoorsblaarMadison Ivy🡆 More