Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020: Oorlog in die Suid-Kaukasus-gebied

Die Nagorno-Karabach-konflik van 2020 was 'n gewapende konflik tussen die magte van Azerbeidjan en Armenië, tesame met die selfverklaarde Artsach in die Nagorno-Karabach-streek, en was die nuutste eskalasie van die onopgeloste Nagorno-Karabach-konflik.

Die botsings het die oggend van 27 September 2020 langs die Nagorno-Karabach-kontaklyn begin. Beide kante het militêre en burgerlike ongevalle gerapporteer. In reaksie op die botsings het Armenië en die selfverklaarde Republiek Artsakh krygswet en algehele mobilisering ingestel, terwyl Azerbeidjan krygswet en 'n aandklokreël ingestel het. Op 28 September is gedeeltelike mobilisering in Azerbeidjan afgekondig. Die Verenigde Nasies het die konflik ten sterkste veroordeel en 'n beroep op albei kante gedoen om om spanning af te skaal en sonder versuim betekenisvolle onderhandelinge te hervat.

Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020: Agtergrond, Verloop, Verwysings
██  Gebied beheer deur die Republiek Artsach met inbegrip van Armeense beheerde gebiede rondom Nagorno-Karabach]██  Gebied opgeëis deur die Republiek Artsakh, maar beheer deur Azerbaijan██  Gebied beset deur Azerbeidjan(volgens Azerbaijan)

Na die inname van Shusha, die tweede grootste nedersetting in Nagorno-Karabakh, is 'n vredesooreenkoms onderteken tussen die president van Azerbeidjan, Ilham Aliyev, die premier van Armenië, Nikol Pashinyan, en die president van Rusland, Vladimir Poetin, wat gevegte beëindig het. Vyandelikhede in die gebied is vanaf 00:00, 10 November 2020 Moskou-tyd gestaak. Die president van Artsakh, Arayik Harutyunyan, het ook ingestem om die vyandelikhede te beëindig. Volgens die ooreenkoms sou elke strydende party die gebiede behou wat hulle in daardie stadium beheer, terwyl Armenië ingestem het om ander besette gebiede rondom Nagorno-Karabakh aan Azerbeidjan terug te gee. Azerbeidjan sal ook toegang tot grond verkry tot sy Nachitsjewan-enklawe wat aan Turkye en Iran grens. Byna 2000 Russiese soldate, onder leiding van luitenant-generaal Rustam Muradov, is aanvanklik as vredesmagte ingespan om die landkorridor tussen Armenië en Nagorno-Karabakh te bewaak met 'n mandaat van minstens vyf jaar.

Agtergrond

Die botsings spruit uit die geskil oor die Armeense meerderheid in Nagorno-Karabach, 'n internasionaal erkende gebied van Azerbeidjan, wat tans deur die selfverklaarde Republiek Artsakh beheer word. Die Nagorno-Karabach-oorlog het in 1994 met 'n skietstilstand geëindig, met Armenië in beheer van die Nagorno-Karabach-streek, asook die omliggende distrikte Aghdam, Jabrail, Fuzuli, Kalbajar, Gubadli, Lachin en Zangilan van Azerbeidjan. Pogings tot bemiddeling, hoofsaaklik via die Madrid-beginsels, het in duie gestort toe Armenië dit in Maart 2020 verwerp het. Volgens die oorlogsverslag van 2018 wat deur die Genève Akademie vir Internasionale Humanitêre Reg en Menseregte opgestel is, "oefen Armenië sy gesag uit oor Nagorno-Karabach deur toerusting, finansiering of opleiding en operasionele ondersteuning aan die selfverklaarde Republiek Nagorno-Karabach en sy magte, maar ook om die algemene beplanning van hul militêre en paramilitêre aktiwiteite te koördineer en te help". Gedurende drie dekades het verskeie skendings van die skietstilstand plaasgevind, waarvan die ergste die 2016 Nagorno-Karabach-gevegte en die gevegte in Julie 2020 aan die grens tussen Armenië en Azerbeidjan was. Duisende Azerbeidjaners het vir oorlog teen Armenië betoog, terwyl Turkye propaganda ter ondersteuning van Azerbeidjan uitgesaai het.

Op 23 Julie 2020 het Armenië die begin van 'n gesamentlike lugverdedigingstelsel oefening met Rusland aangekondig. 'n Week later het Azerbeidjan 'n reeks militêre oefeninge gehou van 29 Julie tot 10 Augustus, en verdere militêre oefeninge vroeg in September met die betrokkenheid van Turkye. Aan die einde van September het Armenië deelgeneem aan gesamentlike militêre oefeninge aan die suidelike grens van die Russiese Federasie, in Armenië sowel as in Abchasië en Suid-Ossetië, albei selfverklaarde onafhanklike state van Georgië wat nie deur die internasionale gemeenskap erken word nie.Tydens die 75ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het die Turkse president, Recep Tayyip Erdoğan, 'n verklaring uitgereik wat die territoriale integriteit van Azerbeidjan en Georgië ondersteun.

Voordat die vyandelikhede hervat is, het bewerings na vore gekom dat honderde lede van die Siriese nasionale weermag van die Hamza-afdeling na Azerbeidjan oorgeplaas is, terwyl volgens die Turkse media na aan president Erdogan baie YPG- en PKK-lede uit Irak en Sirië na Nagorno-Karabach oorgeplaas is om Armeense milisies teen Azerbeidjan op te lei. Armenië se president, Armen Sarkissian, het die bewerings van die Turkse media van Koerdiese militante in Nagorno-Karabach ontken en dit 'absolute onsin' genoem.

Verloop

Op 27 September 2020 het dodelike gevegte in Nagorno-Karabach tussen Armeense en Azerbeidjanse-magte uitgebreek. Stepanakert, hoofstad van Nagorno-Karabach , word deur die Azeris gebombardeer. Ten minste drie 9K35 Strela-10 en ses 9K33 Osa Armeense lugafweereenhede word vernietig in Azerbeidjanse onbemande vliegtuig-aanvalle. Azerbeidjan maak gebruik van Turkse vervaardigde Bayraktar TB2’s. Azerbeidjan beweer die inname van berg Murovdags en ses dorpe, waaronder vyf in die Fizouli-distrik en een in die Jebrail -distrik. Armenië ontken dit, maar die owerhede in Nagorno-Karabach erken die verlies van sommige posisies..

Die Armeense premier Nikol Pachinian het aangekondig dat Azerbeidjan teen Armenië “oorlog” verklaar het en "algemene mobilisering" en die instelling van "krygswet" aangekondig het. Die Azerbeidjanse Ministerie van Verdediging kondig op sy beurt die aanvang van 'n "teenoffensief aan die hele frontlinie" van Karabach aan om 'n einde te maak aan die militêre aktiwiteite van die weermag van Armenië". Die president van Azerbeidjan, Ilham Aliyev, besluit ook krygswet en verklaar: “Die Azerbeidjanse leër veg vandag op sy grondgebied, verdedig sy territoriale integriteit, lewer verwoestende houe aan die vyand. Ons saak is regverdig en ons sal wen.”

Die gevegte het op 28 September voortgeduur. Die owerhede van Nagorno-Karabach beweer dat hulle die vorige dag 'n paar posisies herwin het, maar die Azeri-magte beweer inteendeel dat hulle nuwe territoriale winste behaal het naby die dorpie Talych. Op 29 September beweer die Armenië dat een van sy vliegtuie, ‘n Su-25 deur 'n F-16 van die Turkse lugmag neergeskiet het.. Turkye ontken dat hul lugmag betrokke is by die konflik.

Op 1 Oktober het Armenië aangekondig dat 4 Azerbeidjanse verkenningshommeltuie naby Jerevan, die hoofstad, afgeskiet is.Op 3 Oktober het president Aliyev aangekondig dat die dorpies Madagiz, Talish, Mehdili, Chaxirli, Ashagi Maralyan, Sheybey, Guyjag en Ashagi Abdurrahmanli deur Azeri-magte beset is. , Op dieselfde dag is die stad Stepanakert vir die eerste keer met swaar artillerie gebombardeer. .Op 4 Oktober kondig Azerbaijan aan dat die Jabrayil-distrik oorgeneem is en beskuldig Armenië, wat ontken, dat die stad Gandja, die tweede stad van Azerbeidjan, waar daar een dood en vier gewondes onder burgerlikes was, gebombardeer is. ,.In reaksie het Azerbeidjan Stepanakert weer gebombardeer. Die president van Azerbeidjan Ilham Aliev stel dat die onttrekking van Armeense magte die enigste voorwaarde vir 'n skietstilstand sal wees.

Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020: Agtergrond, Verloop, Verwysings 
Die Artsach Verdedigingsleër loods 'n teenaanval op die Azeri-posisies gedurende Oktober 2020.

Na tien dae se gevegte het ongeveer 50% van die bevolking Nagorno-Karabakh verlaat, die meerderheid vir Jerevan.. Op 8 Oktober 2020 het Azeri-lugaanvalle op die stad Sjoesji verskeie mense beseer en die katedraal beskadig .

Op 10 Oktober om twaalfuur is 'n wapenstilstand aangekondig sonder om die duur daarvan te bepaal. Die partye het dit onderhandel na 'n besoek aan Moskou waar die Armeense, Azerbeidjanse en Russiese ministers van Buitelandse Sake tien uur lank beraadslaag het. Die wapenstilstand sal dit moontlik maak om krygsgevangenes en die lyke van die gesneuweldes uit te ruil. Die partye het ook onderneem om weer te begin onderhandel om hul territoriale geskil op te los.

In die nag van 10 op 11 Oktober het Armeense bombardeering van die Azerbeidjanse stad Gandja die dood van 7 burgers en 33 gewondes veroorsaak, volgens die Azerbeidjanse minister van buitelandse sake wat Armenië daarvan beskuldig dat hy die skietstilstand verbreek het.. Armenië beskuldig ook Azerbeidjan van die skending van die skietstilstand met artillerie-aanvalle op Stepanakert.

Op 13 Oktober, nadat verdere bombardemente aan beide kante plaasgevind het, word die skietstilstand as onsuksesvol beskou. Op 14 Oktober het Azerbeidjan verklaar dat vuurpyllanseringsgebiede op die grondgebied van Armenië aangeval is, wat die vrees laat ontstaan het vir die eskalasie van die konflik, aangesien Armeense grondgebied nog nie tydens die begin van die konflik getref is nie.

Gedurende die nag van 17 Oktober was die stad Gandja weer die teiken van Scud-missiele wat die dood van dertien burgerlikes sou veroorsaak het., volgens die Azeri-president. Hy het ook die vernietiging van 'n Armeense SU-25-vliegtuig in die Jabrayil-gebied aangekondig, wat deur Armenië ontken is. 'n Hidroëlektriese kragstasie is ook in die stad Mingçevir beskadig. Aliyev kondig die inname van die stad Fizuli en verskeie dorpe aan..

Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020: Agtergrond, Verloop, Verwysings 
Vieringe in Bakoe, Azerbeidjan na die vredesooreenkoms.

Danksy bemiddeling deur die medevoorsitters van die Minsk-groep is 'n humanitêre wapenstilstand vanaf 18 Oktober deur die twee partye onderhandel. Maar hierdie tweede wapenstilstand het net soos die eerste slegs vir 'n paar uur geduur.

Op 10 November 2020, is 'n gesamentlike verklaring van die president van die Republiek Azerbeidjan, die eerste minister van die Republiek van Armenië en die president van die Russiese Federasie uitgereik oor 'n omvattende skietstilstand en dat alle vyandelikhede in die gebied van Nagorno-Karabakh op 10 November 2020 om middernag in Moskou, sou ophou. Onluste het in Jerevan uitgebreek in reaksie op hierdie nuus

Verwysings

Skakels

  • Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020: Agtergrond, Verloop, Verwysings  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Nagorno-Karabach-Konflik Van 2020 AgtergrondNagorno-Karabach-Konflik Van 2020 VerloopNagorno-Karabach-Konflik Van 2020 VerwysingsNagorno-Karabach-Konflik Van 2020 SkakelsNagorno-Karabach-Konflik Van 2020202027 SeptemberArmeniëArtsachAzerbeidjanKrygswetVerenigde Nasies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NavorsingWaarheid-en-versoeningskommissieLys van Afrikaanse skrywersEkonomie van Suid-AfrikaHadedaHomoniem22 NovemberApokriewe boekeJapie GreylingNiersteenCorioliskragSweedsTikTokSharpeville-slagtingRudi ClaaseGoeie VrydagWiki CommonsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994EiffeltoringTuisbladLVolhoubaarheidVersamelnaamKurt-Lee ArendseAardbewingAgtervoegselKaapstadMahatma GandhiWebwerfLeierBeeldspraakRookgewoonteUitwerking van klimaatsveranderingSkarlakenkoorsWikiquoteMaselsVoedingLionel PetersonNederlandsSuurstofWaterbesoedelingLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMusiekArabiesInfeksieSonKewerLys van musiekinstrumenteBewussynGeslagAmateurradioGasWerkersdagKunstenaarNelson MandelaBlaarStudievaardighedeRassisme in AfrikaToekoms van die AardeDistrik SesTegnologieMielieCheslin KolbeEksponentVoedselkettingLys van Suid-Afrikaanse skrywersBalletBladwisselendKolonoskopieFinale OplossingErfenisdag (Suid-Afrika)🡆 More