Na-Dené-Tale

Die Na-Dené-tale (; ook Nadene, Na-Dené, Athabaskies-Eyak-Tlingit, Tlina-Dene) is 'n taalfamilie van inheemse tale van die Amerikas wat ten minste die Athabaskiese, Eyak- en Tlingit-tale insluit.

'n Ou insluiting van Haida word nou as twyfelagtig beskou.

Na-Dené-tale
Athabaskies-Eyak-Tlingit
Geografiese
verspreiding:
Noord-Amerika
Genetiese
klassifikasie
:
Na-Dené
 Na-Dené-tale
Onderafdelings:
Tlingit
Athabaskies-Eyak
Na-Dené-Tale

Verspreiding van Na-Dené-tale in Noord-Amerika

Na-Dené-Tale
Verspreiding van die voorgestelde Dené-Jenisei-taalfamilie

In Februarie 2008 is 'n gepubliseerde voorstel, waarin die Na-Dené-tale (sonder Haida) met die Jenisei-tale van die sentrale Siberië in 'n Dené-Jenisei-taalfamilie, deur 'n aantal taalkundiges goed ontvang. In 'n 2014-artikel word voorgestel dat die Na-Dené-tale van Noord-Amerika en die Jenisei-tale van Siberië 'n gemeensame oorsprong in 'n taal wat op die Beringlandbrug tussen die twee vastelande gepraat is, gehad het.

Die Na-Dené-tale is geografies veral in twee dele verdeel: die noordelike verspreiding streek oor die noordwestelike Kanada en die aangrensende Amerikaanse deelstaat Alaska, en die suidelike verspreiding in die suidwestelike Verenigde State net noord van Meksiko. Daarbenewens bestaan langs die weskus nog enkele klein taaleilandjies.

Navajo is verreweg die belangrikste Na-Dené-taal en word deur 167 000 Navajo-Indiane in die vier Amerikaanse deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah gebesig. Dit is die belangrikste inheemse taal van die Amerikas noord van Meksiko.

Etimologie

Edward Sapir het die term Na-Dene oorspronklik ontwerp om na 'n gemeensame taalfamilie vir Athabaskies, Tlingit en Haida (die bestaan van die Eyak-taal was destyds nog nie aan hom bekend nie) te verwys. In sy "The Na-Dene languages: A preliminary report" beskryf hy hoe hy by dié term uitgekom het (Sapir 1915, bl. 558):

The name that I have chosen for the stock, Na-dene, may be justified by reference to no. 51 of the comparative vocabulary. Dene, in various dialectic forms, is a wide-spread Athabaskan term for “person, people”; the element *-ne (*-n, *-η) which forms part of it is an old stem for “person, people” which, as suffix or prefix, is frequently used in Athabaskan in that sense. It is cognate with H. [= Haida] na "to dwell; house" and Tl. [= Tlingit] na “people”. The compound term Na-dene thus designates by means of native stems the speakers of the three languages concerned, besides continuing the use of the old term Dene for the Athabaskan branch of the stock.

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Eyak-Athabaskan". Ethnologue. Besoek op 20 Augustus 2020.
  • (en) "Na-Dené languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Augustus 2020.

Tags:

Inheemse tale van die AmerikasTaalfamilie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolstruisInfeksieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidRina HugoOntbossingGedigLys van Afrikaanse rolprenteTierMonopolyKoeffisiënt en magswortelBruto binnelandse produkKankerBosluisbytkoorsNelson MandelaNasionaal-SosialismeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)StadAntjie KrogDonkieVratKlitorisKaartNasionale lied van Suid-AfrikaZack du PlessisAborsieEreksieLys van elemente volgens simboolSportGroepsgebiedewetLien se lankstaanskoenePersoonlike voornaamwoordEllipstekenSwawelGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaLys van Afrikaanse televisiereekseEkostelselSkaapAluminiumSteenkoolTussenwerpselStereotipeSomerOsoonlaagGordelroosNederduitse Gereformeerde KerkPoesKasteel die Goeie HoopVrouMasturbasieHakerNazi-DuitslandVoortrekkermonumentSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024ShanzhaiVoornaamwoordKleurPaasfeesCarles PuigdemontAkroniemProteaDierGroepsdrukTegnologieFluoorLys van chemiese elemente volgens atoomgetalOrtopedieNasionale VrouedagMarsSikloonPornografieVraag en aanbodRookgewoonteWaarheid-en-versoeningskommissieRobert SobukweJohan VorsterNatuur🡆 More