Navajo

Die Navajo of Navaho (Navajo: Diné of Naabeehó) is 'n inheemse etniese groep wat in die hedendaagse Amerikaanse deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah woon.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Navajo (taal).

Hulle vorm die tweede grootste groep Indiane ná die Cherokee en bly in hul Navajonasie in die suidweste van die Verenigde State net noord van die grens tot Meksiko.

Navajo
Navajo
Portrette van bekende Navajo-persoonlikhede
Totale bevolking: 300 460
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko, Utah)
Taal: Navajo en Engels
Geloofsoortuiging: Tradisionele Navajogodsdiens, Christendom (hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk), Mormonisme, Inheemse Amerikaanse Kerk
Verwante etniese groepe: Indiane
Navajo
Vlag van die Navajonasie
Navajo
Die Navajo en buurvolke se Indianereservaat in die suidweste van die VSA

Sowat die helfte van die Navajo bly in die Navajonasie wat oor die deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah streek. Dit vorm sowel volgens oppervlak as bevolking die grootste van die Verenigde State se Indianereservate. Die Navajonasie sluit die bekende Four Corners in, dié punt waar die vier genoemde Amerikaanse deelstate op één punt ontmoet.

Die Navajo praat veral Navajo as moedertaal. Dit behoort saam met Tlingit en ander kleiner tale tot die Na-Dené-tale, een van die primêre taalfamilies van die wêreld. Die meeste Navajo gebruik Engels as tweede taal.

Die deelstate met die grootste Navajobevolkings is Arizona (140 263) en Nieu-Meksiko (108 306). Meer as driekwart van die Navajobevolking bly in dié twee deelstate.

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Iverson, Peter (2002). Diné: A History of the Navahos. Albuquerque: University of New Mexico Press. ISBN 0-8263-2714-1.

Eksterne skakels

Tags:

ArizonaCherokeeColoradoDeelstate van die Verenigde State van AmerikaEtniese groepIndianeMeksikoNavajo (taal)Nieu-MeksikoUtahVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HidroulikaWaterbesoedelingDeelteken en umlautXenofobieOraniaSuid-Afrikaanse pondWikipediaFacebookAfrikaanse woordelys en spelreëlsOseaanDulcie van den BerghInligtingAktuarisMuscatSendelingPersoonlikheidPampoentjiesGemengde ekonomieAksynsbelastingPrieskaAfrikaners is plesierigAsemhalingNaaldekokerSkaapGodsdiens in Suid-AfrikaKoos du PlessisMiltVanadiumGeslagNylrivierKollegeImpakte van toerismeKoolstofdioksiedStereotipePlantGeleedpotigesWoestynAarde se atmosfeerEngelsVerplegingHeidelberg, GautengEpilepsieKinderarbeidLika BerningEmosiePornografiese akteurBosluisbytkoorsAngssteuringVerenigde State van AmerikaSeekoeiKaartVoorsetselBergskilpadSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSkedelFiksheidHoutKappie (skryfteken)Vir die voëlsNamibiëBeginondernemingEenvoudige hangbrugSeksSprokieAfrikaanse WikipediaGerrie PretoriusWaterpokkiesGroepsdrukDundermInkomstebelastingTransatlantiese slawehandelMeervoudWillie JoubertGroot Depressie🡆 More