Ng Gemeente Premiermyn

Die NG gemeente Premiermyn is ’n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Oostelike Sinode met sy middelpunt op die dorp Cullinan in Gauteng, 30 km oos van Pretoria.

Ng Gemeente Premiermyn
Ds. D.T. van Loggerenberg het die hoeksteen van die kerkgebou op 3 Junie 1972 gelê.
Ng Gemeente Premiermyn
Ds. J.W. Dednam, leraar van 1943 tot 1947.
Ng Gemeente Premiermyn
Ds. J.T. Jordaan, leraar van 1951 af.

Stigting

Hierdie gemeente is in 1920 van die gemeente Erasmus afgestig, maar die notule van die stigtingsvergadering het verlore geraak. Die hoeksteenlegging van die kerkgebou is in Oktober 1910 deur sir. T.M. Cullinan waargeneem, na wie die dorpie genoem is.

Op 'n kerkraadsvergadering gehou op 10 April 1920 is ds. D.A. Malan beroep as die eerste leraar van die gemeente. Vir 'n tydperk van ses jaar arbei hy hier met groot ywer. Die gemeente bly daarna vakant en op 19 Februarie 1927 word ds. R.D. Rens hier bevestig, en hy arbei in die gemeente tot 29 Februarie 1932.

Groot depressie

Kort ná die vertrek van ds. Rens het die eerste tekens van die depressie verskyn, met die gevolg dat die diamantmark in duie gestort het. Die De Beers-maatskappy, eienaars van die Premiermyn, is genoodsaak om die myn te sluit en die werknemers af te dank. Van die ongeveer 600 huisgesinne het slegs 15 of 20 agtergebly. Vanselfsprekend 'n uiters moeilike tydperk vir die gemeente, maar ofskoon dit 'n baie taai stryd was, wou hulle nie weer by die moedergemeente aansluit nie.

Gedurende hierdie tyd is waardevolle dienste aan die gemeente bewys deur persone soos eerw. Endemann, di. Weiss en Gerryts, wat nieteenstaande hul eie groot gemeentes, tog nog hier ook kon help.

Herlewing

Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het 'n herlewing gebring as gevolg van groot militêre kampe wat hier opgerig is. Nadat die gemeente vir 11 jaar en ses maande jaar vakant was, kon hulle weer op 14 Augustus 1943 vir ds. J.W. Dednam as eie leraar verwelkom.

Op 18 Januarie 1947 vertrek ds. Dednam en word hy deur ds. L. de Clercq opgevolg. Die ledetal van die gemeente het vinnig begin daal met die beëindiging van die oorlog, maar gedurende 1947 word met bouwerk aan die Premiermyn begin en 'n vinnige groei van die ledetal vind plaas. Ds. L. de Clercq vertrek op 28 Januarie 1951 en word deur ds. J.T. Jordaan opgevolg. Die gemeente het in sy tyd bestaan uit 629 lidmate, en het vinnig gegroei namate meer uitbreidings hier plaasgevind het.

Ook op die gebied van die sending is destyds goeie vordering gemaak. Die gemeente het 'n evangelis gehad wat 'n taamlik uitgestrekte sendingwerkkring bearbei het.

Bronne

Sien ook


Tags:

Ng Gemeente Premiermyn StigtingNg Gemeente Premiermyn Groot depressieNg Gemeente Premiermyn HerlewingNg Gemeente Premiermyn BronneNg Gemeente Premiermyn Sien ookNg Gemeente PremiermynCullinanGautengNederduitse Gereformeerde KerkPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VlermuisHeupAswoensdagWindkragBorsteWeer (meteorologie)N.P. van Wyk LouwLys van kinderspeletjiesWoordOos-KaapFra AngelicoMiddeleeuse kookkunsURIKrampJacques LootsMaagsweerAnneli van RooyenGroep TweeSelma ArcherdPornografieWolmaransstadABreingewasAfrikaanse naguilJapannese letterkundeSewastopolEthiopiëKolorektale kankerRenier van RooyenRelatiwiteitsteorieEikelWayback MachineAntibiotikumTarentaleJada FireAkkedisSpinnekopJudas IskariotLiefdeTransistorLys van Suid-Afrikaanse musikanteGamelanVerantwoordelikheidMosesSekelbosSportHoofpynChirurgieKasteel die Goeie HoopGesinsdagRadioVerenigde State van AmerikaPfizerLys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeKoöperasiestoriesAmhariesLewerDiarreeStockholmMensChris BlignautVolksbevrydingsleërSonVratDassiedeurJannie du ToitFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022FisikaKoos BekkerProtestantismeDemokrasieBelastingLionel PetersonMpumalangaFrederik Willem de Klerk🡆 More