Cullinan: Dorp in Suid-Afrika

Cullinan is 'n myndorpie in die provinsie Gauteng (Suid-Afrika), sowat 40 km van Pretoria en 100 km van Johannesburg af en lê op 'n hoogte van 1 476 m bo seevlak.

Cullinan
Dorp
Oaklaan, Cullinan se hoofstraat
Oaklaan, Cullinan se hoofstraat
Cullinan is in Gauteng
Cullinan
Cullinan
Cullinan: Besienswaardighede, Sien ook, Verwysings Cullinan se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°40′22″S 28°31′15″O / 25.67278°S 28.52083°O / -25.67278; 28.52083 28°31′15″O / 25.67278°S 28.52083°O / -25.67278; 28.52083
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Stigting1903
Oppervlak
 • Totaal55,66 km2 (21,49 vk. myl)
Hoogte
1 450 m (4 760 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal8 693
 • Digtheid156/km2 (400/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense31.7%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense2.7%
 • Swart mense64.3%
 • Ander0.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans48.9%
 • Noord-Sotho15.6%
 • Engels9.2%
 • Suid-Sotho5.9%
 • Ander20.3%
Poskode (strate)
1000
Poskode (posbusse)
1000
Skakelkode012

Die dorp is genoem na Sir Thomas Cullinan, wat in 1902 'n diamantpyp hier ontdek het. In die jaar 1903 is die Premiermyn geopen. Op 25 Junie 1905 ontdek Frederick Wells, 'n bestuurder van die Premiermyn-maatskappy, die beroemde Cullinan-diamant, die grootste ter wêreld met 'n massa van 3 106 karaat of 621,2 gram. Dit is deur die Transvaalse regering gekoop en aan die Britse koning Edward VII geskenk.

Cullinan se omgewing spog met 'n aantal rustige vakansieoorde soos Little Eden en Boekenhoutkloof. Die R513-streeksroete gaan deur die dorp.

Besienswaardighede

  • Die voormalige huis van die Premiermyn se eerste hoofbestuurder, William McHardy, huisves die McHardy-museum. Die museum is in die jaar 1988 oopgestel vir besoekers en spog met 'n kenmerkende ventilasietoring op sy dak en 'n outentieke Victoriaanse tuin.
  • Die Anglikaanse kerk St. George met sy opvallende klipboustyl is deur die argitek sir Herbert Baker ontwerp.
  • Die kliphuise in Cullinan se hoofstraat Oaklaan ontstaan in die jaar 1904. Die laan bekoor met die historiese Nedbankgebou van sandsteen, tipiese sinkgeboue en pragtige jakarandabome.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Cullinan BesienswaardighedeCullinan Sien ookCullinan VerwysingsCullinan Eksterne skakelsCullinanGautengJohannesburgPretoriaSeevlakSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Transatlantiese slawehandelArthur GrumiauxLeeuAnneli van RooyenEnkelvoudige sinLeesMagneetSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994CalviniaHaelTeam Fortress 2KlinkerKewerOrthopteraAfro-AmerikanersKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsVerenigde KoninkrykKangogrotteKlimaatWoordeboek van die Afrikaanse TaalTrigeminale neuralgieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsPeriodieke tabelWinnie Madikizela-MandelaRomanWerkersdagPikkewynVoegwoordKlein vyf diereErfenisSwartrenosterMynbouSharpeville-slagtingChloorVarkgriepBek-en-klouseerVeeartsMielieMIVPlae van EgipteSomerCarike KeuzenkampChristiane JaccottetLys van Nederlandse skildersBorsOogSeksposisieDonkieLimpopo (rivier)AvbobJansenvilleKonjunktivitisSkuinsstreepCorioliskragHaasMuishondDundermGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBreinkaartGeografie van Suid-AfrikaSkoenlapperKlimaatsverandering in AfrikaConsolidated B-24 LiberatorAarde se atmosfeerHeupMagsverheffingTuisbladWiki CommonsPapegaaieSiya KolisiArmoedeGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVrystaatFaf de KlerkAfrika🡆 More