Gereformeerde Kerk Cullinan

Die Gereformeerde kerk Cullinan is die sesde oudste van die 11 gemeentes in die GKSA se Klassis Oostelike Pretoria en in 2015, toe hier 171 belydende en 41 dooplidmate was, die vyfde kleinste.

Gereformeerde Kerk
Cullinan
Gereformeerde Kerk Cullinan
Sluit in  Boskop
Brandbach
Bynespoort
Cullinan
De Tweedespruit
Doornkraal
Donkerhoek
Elandshoek
Kaalfontein
Kafferskraal
Kleinfontein
Krokodilspruit
Lewzene
Nooitgedacht
Rayton
Rietfontein
Rooikoppies
Tweefontein
Vaalbank
Zachsedam
Zonderwater
Zonkololo
Klassis  Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e)  vakant
Belydende lidmate  91
Dooplidmate  21
Adres R515, tussen Rayton en Cullinan
Geskiedenis
Stigtingsdatum  10 September 1966
Afgestig van  Bronkhorstspruit
Eerste predikant  N. Droomer (1973–1983)
Gereformeerde Kerk Cullinan
Die Gereformeerde kerk Cullinan.
Gereformeerde Kerk Cullinan
Ds. Nardus Droomer, leraar van 1973 tot 1983 (die eerste leraar).

Die Gereformeerde kerk op Cullinan is op 10 September 1966 van die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit afgestig. Aan die begin het die gemeente uit agt wyke bestaan en is eredienste in die Presbiteriaanse kerk, toe die skoolsaal en later die Voortrekkersaal gehou. Eindelik het die gemeente 6 morg kerkgrond teen R112,50 per morg van die Zonderwater-gevangenis aangekoop. Eers is net ’n kerksaal gebou wat op 26 Julie 1970 in gebruik geneem is. Die koste was R21 000 en dr. B.R. Kruger het die hoeksteen op 2 Mei 1970 gelê.

Die eerste orrel is geskenk deur die moedergemeente en is later vang deur ’n unieke pyporreltjie, wat nie eens voetnote het nie en moontlik die kleinste in die kerkverband is. Later is die saal in ’n kerk omskep met die aanbou van die vleuels en moederskamer.

Die gemeente se eerste pastorie was ’n huis wat iemand gratis aan die gemeente beskikbaargestel het. Eindelik het die gemeente ’n ruim en doeltreffende pastorie laat bou teen ’n koste van sowat R30 000. Die katkisasielokale, wat bestaan ’n klaskamers en ’n saal, het die lidmate self gebou op ’n deel van die terrein van die ou Italiaanse krygsgevangekamp.

Predikante

  1. Droomer, Nardus, 1973 – 1983
  2. Bogaards, dr. Arie Hendrik, 1984 – 1986,
  3. Van der Walt, Marthinus Johannes, 1987 – 1988
  4. Aucamp, Lourens Daniël, 1989 – 2005 (aanvaar sy emeritaat)
  5. Oosthuizen, Ockert Almero, 2005 – 2009
  6. Niemann, Gerhardus Johannes, 2010 – hede

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RivierHartaanvalLys van hoofstedeJacobus Hendrik PierneefJan-Willem BreureNatriumLetterkundeInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandGeelslangAanhalingstekensGezina, PretoriaWikiquoteArmoedeAfrikaVergelykings (taalkunde)Wapen van Suid-AfrikaRumatiekLatynSuid-AfrikaAntjie KrogPerdMuskeljaatkatNagmaalMetaalMohammedBergGoudkus (streek)KunsGoudWatersuiweringHartMona LisaVlekvrye staalJode in Suid-AfrikaGeslagsgelykheidParlement van Suid-AfrikaAardeSatellietfotoEsias BoschPornhubBlourokkeSpierKomplementêre kleureDuitsBaarmoederLidwoordPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWes-Germaanse taleGautengChristiaan BarnardViëtnamoorlogMynbouSkilpadMorfologie (taalkunde)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMisdaadromanGeslagNamibiëMasturbasieFibonacci-reeksErektiele disfunksieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalProvinsies van Suid-AfrikaAfrikaansApartheidOm-te-infinitiefkonstruksieNoord-KaapBakterieHormoonsiekteDemokratiese Republiek die KongoJohannesburgOnomatopeeKoolstof🡆 More