Ng Gemeente Knysna

Die NG Gemeente Knysna is die 47ste oudste bestaande NG gemeente.

Ng Gemeente Knysna
Die NG kerk op Knysna.

Die gemeente is in 1851 gestig, waarna ds. Piet Roux ’n jaar en drie maande lank as hulpprediker die jong gemeente hulp en voorligting verleen het. Ná hom het die konsulent, ds. T.J. Ballot van George, bygestaan deur eerw. T.S. Gregorowski, die werk voortgesit. Ds. E.H.F. de Roubaix (1858–1864), die gemeente se eerste leraar, is op 20 November 1858 op die dorpie Melville (nou Knysna) bevestig. Sy intreepreek was na aanleiding van Rom. 1:16: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie.”

Die eerste kerkraadsvergadering is op 26 Desember 1858 gehou. Die eerste pastorie is vir £380 gebou en in 1859, met die eerste Ringsitting, is die eerste kerkie ingewy. Die inkomste van die gemeente was toe £144 en die lopende uitgawes £98 per jaar. Ds. De Roubaix het in 1864 bedank.

Ds. M.C. Botha (1866-1884) het baie geseënde werk gedoen. Die pastorie is vergroot en grond aangekoop. In 1884 is hy na St. Stephen’s, Kaapstad, beroep. Sy opvolger was ds. B.P.J. Marchand (1884-1891), wat deur ds. C. Muller in Julie 1884 bevestig is. Die gemeente is in sy dienstyd op gesonde voet gebring. Transport van eiendomme is verkry en versorg. Die finansiële probleme van die gemeente is aangepak en die opvoeding goed georganiseer.

In 1888 het ’n epidemie van breinvliesontsteking uitgebreek. Te Millwood is goud ontdek, naby die teenswoordige Zuurvlakte. Gou het, tot leed van die kerkraad, agt hotelle en 12 winkels wat drank kon verkoop, verrys. Ds. Marchand het hom beywer en daar ’n kerkgebou opgerig. In 1891 ontvang hy demissie nadat hy ’n beroep na die gemeente Rondebsoch as dié gemeente se eerste leraar aangeneem het. In 1906 het hy Saakgelastigde van die Kaapse Kerk geword het, het hy die Kakamas-Arbeidskolonie in daardie hoedanigheid georganiseer. Hy is oorlede op 5 November 1917.

Ds. P.R. McLachlan (1891-1899) was ’n ywerige en vurige werker. Toe die kerk vir die opkomste te klein word, het hy ’n boufonds vir ’n nuwe kerk gestig. ’n Boukommissie is aangestel, ’n stuk grond aangekoop en is besluit dat hulle sou begin bou sodra die som van £1 000 byeen is. Die tweede Ringsitting te Knysna is in sy tyd gehou.

Aan ds. P.J. Retief (1900-1908) was die gemeente baie geheg. In sy agtjarige dienstyd het hy veel vermag. Die teenswoordige kerk is gebou, waarvan die hoeksteen op 12 Februarie 1904 deur ds. George Murray gelê is. Eerw. J.J. Kok het in hierdie tyd die gemeente as hulpprediker bedien.

As Godsman het ds. P.R. McLachlan (1909-1913), nadat hy 10 jaar lank in Germiston as daardie gemeente se eerste leraar gearbei het, sy stempel onuitwisbaar op die gemeente afgedruk. Met groot vrug het hy verder gearbei tot sy dood op 19 Desember 1913.

Ds. W.J. Theron (1913-1926) het veel vir die armes gedoen. Vir opvoeding het hy hom beywer en met ’n armkoshuis te Wittedrif begin. Ds. F.B. Odendaal het in die gemeente gestaan van 1922 tot 1950, terwyl ds. E.H. Latsky (1939– 1941) en ds. P. B. van Schalkwyk as eerste medeleraars diens gedoen het. Gedurende Julie 1950 is ds. A.L. Roux in die gemeente bevestig, vier maande nadat Karatara afgestig is. In sy tyd is ’n lening van £21 000 vir ’n koshuis vir dogters aangegaan en ’n eie kerkkantoor opgerig.

Enkele predikante

  • Enel Lambrechts, 19 Januarie 2020 – hede

Bronne

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MagneetBosluisbytkoorsSeksuele penetrasieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVoortrekkersOlimpiese SpeleShakaSuiwelprodukAsemhalingGetalDierBernice WestMandalaEskomDieregeluideLongontstekingMiskruierDesimale breukeMetafoorVlekvrye staalArabiesVigsCleopatra VIIReënJapie GreylingLys van Nederlandse skildersPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKoolhidraatCheslin KolbeAkuutAfvalbestuurBrandbergFabelToekoms van die AardeAartappelWaterkringloopHeelgetalBladwisselendOorstromingKinkhoesLys van bekende Suid-AfrikanersSuid-SothoYouTubeInligtingBreinTydElektrolietErektiele disfunksieSeksisme2001Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994MaatskappyNoord-Sotho (taal)SiekteDonkieAnneli van RooyenXenofobie in Suid-AfrikaWes-KaapDolfynMenseregteChatGPTPrimêre sektor van die ekonomieErfenisdag (Suid-Afrika)NasiebouNasionalismeBlaarGroot TrekErica BoyerNiersteenNarsismePablo PicassoBeurtkragRassisme in AfrikaKolorektale kankerGlobalisering🡆 More