Ng Gemeente Kimberley-Noord

Die NG gemeente Kimberley-Noord was ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Noord-Kaapse stad Kimberley, maar dit het op 25 Oktober 1999 met Kimberley-Suid en Kimberley-Militêr gesmelt as Kimberley-Harmonie.

Ng Gemeente Kimberley-Noord
Die kerkgebou van die eertydse gemeente Kimberley-Noord op Grewerplein, einde 2017.
Ng Gemeente Kimberley-Noord
Die kerkgebou huisves nou 'n gemeente van die Apostoliese Geloofsending.
Ng Gemeente Kimberley-Noord
Ds. J.J.K. van der Merwe was Kimberley-Noord se eerste leraar.

Op 4 Mei 1950 het sowel Kimberley-Noord as -Wes van die moedergemeente afgestig. Met slegs 'n bruidskat van £3,600 in die vooruitsig (wat meer as 'n jaar daarna ontvang is), sonder enige verdere besittings en boonop herderloos, het die nuut aangewese kerkraad dadelik die leisels opgeneem. 'n Emeritus-leraar is onverwyld gevind om die herderlike werk te verrig en toe is daar dadelik oorgegaan tot die beroep van 'n eie leraar. Nadat die eerste twee beroepe leraars bedank het, was die gemeente gelukkig om ds. Johannes J.K. van der Merwe van Lady Grey as eerste herder en leraar van die gemeente te kry.

Die ywerige kerkraad het hulle uit die staanspoor beywer om 'n geskikte gebou te vind waar die eredienste gehou kan word; om 'n pastorie aan te koop en om 'n bouperseel vir die toekomstige kerk te vind. Hulle het daarin geslaag om die mooi skoolsaal van die Laerskool Diamantveld vir die dienste te kry wat sitplek gebied het aan ongeveer 450 mense. Ook kry die kerkraad die Grewerplein kosteloos van die stadsraad om 'n kerk op te bou; hulle koop verder 'n tweedehandse gebou wat tot 'n pastorie omgeskep word. Daarbenewens het die kerkraad dadelik met hul insamelings begin. 'n Dankoffer-basaar, wat op 8 September 1951 gehou is, bring die mooi som van £562 byeen. Saam met die maandelikse insamelings kom die netto-inkomste aan die einde van 1950 op £2 200 te staan.

Onmiddellik ná die bevestiging van ds. Van der Merwe is besluit om 'n boufonds te stig met die oog daarop om 'n Godshuis ter waarde van omtrent £30 000 te bou; hierdie fonds het vinnig gestyg. 'n Sustersdankofferbasaar is op 8 Junie gehou en bring die mooi som van £900 byeen.

Die gemeente Kimberley-Noord het minder as twee jaar ná sy stigting ongeveer 1 200 lidmate getel, en by die dienste was die saal tot oorlopens toe vol; daar het selfs by geleentheid tot oor die 200 mense in die koue winteraande na die verkondiging van die evangelie staan en luister.

Bron

Tags:

199925 OktoberKimberleyNederduitse Gereformeerde KerkNoord-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SuikersiekteSwitserlandLetsiteleKonsentrasiekampAfro-AmerikanersNarsistiese persoonlikheidsteuringDiskriminasieTropiese sikloonJuraNaaldekokerGewone luislangKrokodilMaroela MediaAntieke EgipteNiemetaalCovid-19-pandemieSeksOmgewingskwessies in Suider-Afrika24 AprilGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaDiarreeAborsie in Suid-AfrikaNatuurbewaringRobert SobukweLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWiki CommonsSowjetunieSuid-AfrikaMigrasie van voëlsDermpoliepVoortrekkersOnderhandelinge om apartheid te beëindigMangelVerkoueOorstromingVerenigde State van AmerikaSkoolNederlandsNieuwoudtvilleLandbouPerdKontinentLongontstekingTermietBronsPeriodieke tabelHaasVoortrekkermonumentSlimfoonSterHector PietersonRooms-Katolieke KerkKlitorisVierde Industriële RevolusieDataverwerkingVryheidsdagResensieHeuningbyMIVMoskouSelfbeeldLangste woordLeonardo da VinciHolocaust7de LaanGedigErfenisdag (Suid-Afrika)Curly HowardPersArmoedeverligtingDysselsdorpSeksuele opwekkingBrandmondsindroomSias ReineckeGeweldCheslin Kolbe🡆 More