Monkey Bay

Monkey Bay, of Lusumbwe, is ’n dorp in die Mangochi-distrik in die Suidelike Streek van Malawi.

Dit is op die oewer van die Malawimeer geleë en het een van die land se belangrikste hawens. Die bevolking is sowat 14 591 (in 2008).

Monkey Bay

Lusumbwe
Dorp
Die strand by Cape Maclear naby Monkey Bay.
Die strand by Cape Maclear naby Monkey Bay.
Monkey Bay is in Malawi
Monkey Bay
Monkey Bay
Monkey Bay se posisie in Malawi.
Koördinate: 14°5′S 34°55′O / 14.083°S 34.917°O / -14.083; 34.917 34°55′O / 14.083°S 34.917°O / -14.083; 34.917
StreekSuidelike Streek,
Vlag van Malawi Malawi
DistrikMangochi
Hoogte
500 m (1 600 ft)
Bevolking
 • Totaal14 591
TydsoneUTC+2 (Sentraal-Afrikaanse tyd)
 • SomertydUTC+2
KlimaatTropiese savanne

Ligging

Monkey Bay 
Die hoofstraat van Monkey Bay.

Monkey Bay is 206 km van die hoofstad, Lilongwe, en 253 km van die ekonomiese middelpunt, Blantyre. Die dorp is ’n toeristebestemming en baie mense doen daar aan op pad na Cape Maclear.

Die huise op die dorp is eenvoudig en van klei, en min huishoudings kan elektrisiteit bekostig, aangesien net die aansluitingskoste drie keer soveel as die gemiddelde maandelikse loon is.

Demografie

Jaar Inwoners
1987 5 649
1998 8 793
2008 (raming) 14 591

Fasiliteite

Daar is ’n supermark en ’n mark in Monkey Bay. Op 22 Februarie 2010 het die eerste bank sy deure hier geopen. Daar is ook verskeie gastehuise.

Busse loop van die dorp na Lilongwe en Blantyre en terug. Die naaste lughawe is by Ulongwe, 79 km van daar. Twee passasiersveerbote vaar elke week op die Malawimeer tussen Monkey Bay en Chilumba: die MV Ilala en Mtendere.

Die Nankhwala Katolieke Skool is op die dorp, asook ’n kleinerige hospitaal en ’n polisiekantoor. Dit is ook die hoofkwartier van die vloot met ’n bemanning van 220.

Verwysings

Eksterne skakels

34°55′O / 14.083°S 34.917°O / -14.083; 34.917

Tags:

Monkey Bay LiggingMonkey Bay DemografieMonkey Bay FasiliteiteMonkey Bay VerwysingsMonkey Bay Eksterne skakelsMonkey BayDorpHaweMalawiMalawimeerMangochi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Kaapstad se voorstedeKersfeesBTWTafelsoutNasionalismeLübeckGalileo GalileiGqeberhaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKarretjiemenseKaapstadse waterkrisis 2015-2018Suid-Afrikaanse WeermagBreinBateSean CombsBruto binnelandse produkTelevisieAgtervoegselWeervoorspellingLys van nedersettings in Suid-AfrikaSwartrenosterMonopolyGordelroosGroot DepressieVulvaEiffeltoringKrieketNommertekenAB de VilliersJewgeni PrigozjinVraag en aanbodSinoniemJode in Suid-AfrikaStadEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaTwaalf Stamme van IsraelVulkaanKatDermpoliepErektiele disfunksieWaterpokkiesAfro-AmerikanersAmateurradioCradock-4DokterDaggaBronadres633WisselkoersHoofstadMantisVoedingBoerboelBronsVerkleinwoordWortelDesmond TutuRymVersoeningsdagDie GelofteLien se lankstaanskoeneSeisoenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGeskiedenis (vakgebied)GetalHeidelberg, GautengTropiese sikloonStilleweKoos du PlessisBreinkaartSprokieYouTubeJapie GreylingWetenskaplike klassifikasie🡆 More