Cape Maclear

Cape Maclear, of Chembe, is ’n dorp in die Mangochi-distrik van Malawi se Suidelike Streek.

Die nedersetting op die Nankumba-skiereiland lê aan die suidelike oewer van die Malawimeer naby die Domwe- en die Thumbwe-eiland en is die besigste oord aan die meer. Dit val in die Malawimeer Nasionale Park.

Cape Maclear

Chembe
Cape Maclear
Cape Maclear is in Malawi
Cape Maclear
Cape Maclear
Koördinate: 14°01′S 34°51′O / 14.017°S 34.850°O / -14.017; 34.850 34°51′O / 14.017°S 34.850°O / -14.017; 34.850
LandVlag van Malawi Malawi
StreekSuidelike Streek
DistrikMangochi
TydsoneUTC+02:00 (SAST)

Geskiedenis

Cape Maclear 
Sonsondergang op Cape Maclear.

Voor die koms van Skotse sendelinge was die gebied onder beheer van die Moslemse Yao-volk. Die sendeling en ontdekkingsreisiger David Livingstone het in 1859 die kaap bereik en dit "Cape Maclear" genoem, na sy vriend die sterrekundige Thomas Maclear aan die Kaap die Goeie Hoop. In Oktober 1875 is ’n nuwe sendingstasie, "Livingstonia", deur Skotse sendelinge gestig.

Hoewel Cape Maclear ’n goeie hawe gehad het, het die onvrugbare grond in die gebied en die voorkoms van die tsetsevlieg beteken ’n meer geskikte terrein moes gevind word. Die sendelinge het in 1882 geskuif na Bandawe, naby Chintheche. Daar is steeds sendelinggrafte op Cape Maclear.

Natuurlewe

Cape Maclear 
Die strand op Cape Maclear.

Cape Maclear en sy eilande, woude en baai is in 1980 tot ’n nasionale park verklaar met die naam Malawimeer Nasionale Park, die eerste nasionale varswaterpark in die wêreld. In 1984 het dit ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geword.

Verskeie voëlsoorte kom voor, onder meer verskeie soorte visvangers. Daar is ’n museum oor die vorming van die Malawimeer en sy natuurlewe.

Toerisme

Die dorp is ’n "groot toeristebestemming" en die besigste oord aan die meer. Daar is kroeë, restaurante, lodges en gastehuise, onder meer ’n lodge op Maleri-eiland in die meer.

Die gebied is veral gewild onder rugsakstappers. Bedrywighede sluit in snorkelduik, stap, boot- en kajakvaarte.

Gesondheidsorg

Daar is ’n mediese kliniek op Cape Maclear. Die Billy Riordan-gedenkkliniek is in 2004 gestig en bied behandeling vir siektes soos disenterie, bilharzia en malaria. Mags Riordan, wat die kliniek gestig het, is die ma van ’n man wat in 1999 naby Cape Maclear in die Malawimeer verdrink het.

Bilharzia kom algemeen hier voor; drie keer meer as op ander plekke aan die Malawimeer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Cape Maclear GeskiedenisCape Maclear NatuurleweCape Maclear ToerismeCape Maclear GesondheidsorgCape Maclear VerwysingsCape Maclear Eksterne skakelsCape MaclearMalawiMalawimeerMalawimeer Nasionale Park

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LiefdeVierde Industriële RevolusieWinterHoofpynBywoordMidde-OosteVulkaanWikimedia-stigtingKatjieErfenishulpbronNederduitse Gereformeerde KerkSuid-Afrikaanse WeermagAfrikaanse taalleerOrtopedieDie Stem van Suid-AfrikaNierversakingSuid-Afrikaanse ReserwebankJodeHomoniemFotosinteseVoëlPersStadVoornaamwoordNierVersamelnaamJavaScriptElandréEmfiseemAkroniemGeldLys van Kaapstad se voorstedeOlimpiese SpeleAfro-AmerikanersHeelgetalMartin Luther King jr.MiskruierWortelRugbyWikiquoteWoestynRobbeneilandIdioomJudaïsmeVoedingStollingsgesteenteAborsie in Suid-AfrikaSwartkwasmuishondRugbywêreldbeker 2023AkademiaAlliterasieAsemhalingWikipediaVerstedelikingKalsiumKoos BekkerPiesangHandré PollardTussenwerpselCheslin KolbeAardverwarmingVarkgriepEkonomiese sektorMeeueTikTokStilleweKasteel die Goeie HoopSosiale mediaVoortrekkersVrystaatTuberkuloseMiddelmisbruikD.J. OppermanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BladwisselendTweede Wêreldoorlog🡆 More