Lilongwe

Lilongwe is die hoofstad en grootste stad in Malawi met ’n bevolking van sowat 1 077 116 (2015).

Die stad is in die Sentrale Streek van die land geleë naby die grense met Mosambiek en Zambië, en dit is ’n belangrike ekonomiese en vervoersentrum vir die streek. Dit is genoem na die Lilongwerivier.

Lilongwe
Lilongwe

Kaart Vlag
Lilongwe
Lilongwe
Wapen
Lilongwe
 Land Vlag van Malawi Malawi
 Streek Sentraal
 Koördinate 13°59′00″S 33°47′00″O / 13.98333°S 33.78333°O / -13.98333; 33.78333
 Gestig op 1947
 Oppervlakte:  
 - Totaal vk km
 Hoogte bo seevlak 1 050 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 866 272
 - Bevolkingsdigtheid 1 479/km2
 Tydsone UTC +2
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Willie Chipondera
 Amptelike webwerf www.llcitycouncil.org

Geskiedenis

Lilongwe was eeue lank ’n klein vissersdorpie aan die oewers van die Lilongwerivier. Tydens die Britse koloniale besetting het dit ’n administratiewe sentrum geword vanweë sy strategiese ligging. Dit is in 1906 as ’n handelspos gestig en in 1947 amptelik as ’n dorp erken. Ná Malawi se onafhanklikwording het Lilongwe al hoe meer in ’n belangrike handelsentrum van die land se Sentrale Streek ontwikkel. Die groei is aangehelp deurdat die voormalige president Hastings Banda dit in 1975 die nuwe hoofstad gemaak het. Die laaste regeringskantore is in 2005 na Lilongwe geskuif.

Die stad se bevolking neem vinnig toe – teen sowat 4,3% per jaar.

Plaaslike regering

Lilongwe word bestuur deur die Lilongwe-stadsraad, wat oorheers word deur die regerende Demokratiese Progressiewe Party (DPP).

Demografie

Jaar Bevolking
1966 19 425
1977 98 718
1987 223 318
1998 440 471
2008 674 448
2015 1 077 116
2020 (voorspel) 1 324 314

Geografie

Topografie

Lilongwe is geleë op ’n plato in Sentraal-Malawi wat deel uitmaak van die Groot Skeurvallei. Dit lê 1 050 m bo die seevlak aan die Lilongwerivier.

Klimaat

Lilongwe het ’n humiede subtropiese klimaat wat grens aan ’n subtropiese hooglandklimaat, met aangename warm somers en matige winters. Vanweë die hoogte is temperature laer as wat verwag word van ’n stad in die trope. Lilongwe het ’n kort reënseisoen, van Desember tot Maart, en ’n langerige droë seisoen oor die grootste deel van die res van die jaar, veral in Junie en Julie wanneer dit koeler as ander tye is. In die natste maande van die reënseisoen val tot 200 mm reën per maand.

Weergegewens vir Lilongwe
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 32 31 31 30 31 29 28 31 33 35 36 33 36
Gemiddelde maksimum (°C) 26 26 26 26 25 23 23 25 27 30 30 27 26
Gemiddelde temperatuur (°C) 21 21 21 19 17 15 14 16 19 22 23 22 19
Gemiddelde minimum (°C) 17 17 16 13 10 7 6 7 11 14 16 17 12
Laagste minimum (°C) 12 11 10 4 2 −1 −3 −1 1 8 11 10 −3
Neerslag (mm) 200 210 130 30 n/a n/a n/a n/a n/a n/a 70 170 850
Bron: Weatherbase

Stadswyke

Lilongwe 
Die middestad van Lilongwe.

Die stad is verdeel in die Nuwe en Ou Stad. In eersgenoemde is daar hotelle, ambassades en regeringskantore en in laasgenoemde markte, busterminale, kafees en restaurante. Die moderne winkels van die stad vorm ’n kontras met die strate en ommuurde markte van die ou deel.

Ekonomie

Terwyl Blantyre Malawi se kommersiële hoofstad is, word Lilongwe se ekonomie oorheers deur die regerings- en openbare instellings.

Die Kanengo-distrik in die noorde van die stad is die hoofnywerheidsgebied met klein nywerhede soos voedselverwerking en tabakberging en –verkope. Die belangrikste ekonomiese bedrywighede in die stad is die bank- en kleinhandelwese, bouwerk, vervoer, toerisme en tabakvervaardiging. Sowat 76% van Lilongwe se inwoners woon in informele nedersettings – armoede is sowat 25% en werkloosheid 16%. Die staatsdiens gee werk aan sowat 27% van alle formele werkers, 40% werk in die privaat sektor en 2% werk vir hulself.

Vermaak en sport

Lilongwe 
’n Mark in Lilongwe.

’n Verskeidenheid kroeë en nagklubs bied vermaak soos lewende musiek en partytjies.

Die nuwe nasionale Bingu-stadion met 40 000 sitplekke is danksy ’n lening van China gebou. Dit is in Novemver 2015 voltooi. Sekere belangrike verbeterings, byvoorbeeld met betrekking tot elektrisiteit en veiligheid, is egter nodig voor dit kan open.

Vervoer

Lilongwe 
Die bus tussen Lilongwe en Johannesburg.

Die Kamuzu Internasionale Lughawe het gereelde vlugte na Johannesburg, Addis Abeba, Nairobi en Lusaka, asook binnelandse vlugte na Blantyre. Dit is noord van Lilongwe geleë, sowat 20 km van die middestad af.

Gereelde busdienste bestaan tussen Lilongwe en Blantyre, Zomba, Kasungu en Mzuzu. Treine loop na binnelandse bestemmings, asook Zambië en Mosambiek.

Onderwys

Daar is 38 privaat en 66 staatslaerskole met altesaam 103 602 leerlinge, sowel as 29 hoërskole met 30 795 leerlinge in Lilongwe.

Verwysings

Tags:

Lilongwe GeskiedenisLilongwe Plaaslike regeringLilongwe DemografieLilongwe GeografieLilongwe StadswykeLilongwe EkonomieLilongwe Vermaak en sportLilongwe VervoerLilongwe OnderwysLilongwe VerwysingsLilongweMalawiMosambiekZambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KolonoskopieNarsistiese persoonlikheidsteuringOman AirTuisbladSpinnekopDeelteken en umlautHout2024Slag van BloedrivierSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGewone seekatStellenboschKankerNormeAanhalingstekensNierversakingDokterBloemfonteinJohannesburgOm-te-infinitiefkonstruksieBoeddhismeSirkelTweede WêreldoorlogVirtuele wêreldAalwynBemarkingDulcie van den BerghGlukoseAardeLetterkundeGezina, PretoriaMag (sosiale wetenskappe)MusieksimboleBegrotingKarnivoorMeervoudReddingskakeWebwerfKrapAsiëSpesieVakbondGeldeenheidVerkoueBloukransrivierbrugNasionale lied van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Eerste VryheidsoorlogDoopVanadiumNamibiëMetafoorAkteurSkerpioenMaatskappyLanseria-lughaweEienaamAarde se atmosfeerVerkleinwoordPoësieWurmGodsdiensProstaatkankerCarike KeuzenkampPuberteitAmfibieëKoppeltekenLongontstekingErfenisdag (Suid-Afrika)Amor VittoneAfleiding (taalkunde)RinkhalsEienskappe van binêre bewerkingsStam (taalkunde)TegnologieKasteel die Goeie Hoop🡆 More