Die Mohorovičić-diskontinuïteit, soms kortweg die Moho genoem, is die grens tussen die aarde se kors en die mantel.
Die Moho vorm die skeiding tussen die oseaan- en kontinentale kors en die mantel. Dit lê meestal heeltemal in die litosfeer; slegs onder die midde-oseaanrif vorm die Moho ook die skeiding tussen die litosfeer en die astenosfeer. Die Mohorovičić-diskontinuïteit is vir die eerste keer geïdentifiseer deur 'n Kroatiese seismoloog. Ofioliete is dele van die oseaankors en moontlik ook mantelrots wat in die kontinentale kors opgestoot is deur plaatbeweging.
Die Mohorovičić-diskontinuïteit is ongeveer 5 km onder die oseaanbodem en 30 tot 50 km onder tipiese kontinente. Dit is die diepste onder die Tibettaanse plato, waar dit ongeveer 75 km onder die oppervlak lê.
Tydens die laat 1950's en 1960's is daar in die VSA 'n voorstel voorgelê om 'n gat deur die oseaanbodem te boor om hierdie laag te bereik. Die Mohole-projek het egter nooit voldoende ondersteuning geniet nie en is in 1967 deur die Amerikaanse Kongres gekanselleer. Dit bly egter steeds 'n belangrike wetenskaplike doelwit. Die Sowjetunie het ook 'n poging aangewend om die laag te bereik en het oor 'n tydperk van 15 jaar tot op 'n diepte van 12 260 meter geboor (die wêreld se diepste gat op daardie tydstip) voordat daar ook van die poging afgesien is.
Meer onlangs is 'n voorstel gemaak vir 'n onbemande, selfaangedrewe tuig vervaardig uit wolfram wat radiogeniese warmte sal gebruik om die aarde se dieptes te verken tot naby die Moho-diskontinuïteit asook die boonste deel van die aardmantel.
Die Moho-diskontinuïteit word in een van die boeke in die bekende Fritz Deelman-avontuurreeks van Leon Rousseau, Fritz Deelman en die Woestynrowers, genoem.
Sien Mohorovičić-diskontinuïteit in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mohorovičić-diskontinuïteit, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.