Fritz Deelman: Fiktiewe karakter

Fritz Deelman is 'n Afrikaanse James Bond-agtige karakter geskep deur Leon Rousseau in die 1950's.

Die eerste Fritz Deelman-stories is as ’n reeks in Die Jongspan gepubliseer en daar het uiteindelik 8 boeke tussen 1956 en 1963 verskyn.

Fritz is 'n luitenant in die Suid-Afrikaanse afdeling van die Internasionale Veiligheidspolisie. Hy werk onder generaal Pierre Heyns en die liefde van sy lewe is Loeki de Klerk, wie se oom, dokter Toon de Klerk, die hoof van die Geallieerde Mediese Navorsingsentrum in Kaapstad is.

Die karakter van Fritz Deelman is volgens Leon Rousseau, die skrywer van die reeks, gebaseer op die Afrikaanse skrywer Gideon Joubert wat beskou is as Suid-Afrika se eerste "paddaman" (skubaduiker). Ondersese avonture en skubaduik het in drie van die titels 'n belangrike rol gespeel.

Boeke in die Reeks

  • Fritz Deelman en die Suidpoolbende (1956)
  • Fritz Deelman en die Swart Eiland (1956)
  • Fritz Deelman en die Skepe van Mars (1957)
  • Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol (1958)
  • Fritz Deelman en die Groen Dood (1958)
  • Fritz Deelman en die Gori Lama (1959)
  • Fritz Deelman en die Woestynrowers (1960)
  • Fritz Deelman en die Ondersese Myn (1963)
  • Die storie Fritz Deelman en die Verlate Tuin is opgeneem in die Storieman-reeks.

Vertalings

Van die boeke is in Nederlands vertaal:

  • Fritz Deelman en de Zwarte Atoomduikboot (Fritz Deelman en die Swart Eiland)
  • Fritz Deelman en de Verborgen Zuidpoolbasis (Fritz Deelman en die Suidpoolbende)
  • Fritz Deelman en de Groene Hel (Fritz Deelman en die Groen Dood)
  • Fritz Deelman en de Diepzeeduikers (Fritz Deelman en die Diepsee Duikbol)
  • Fritz Deelman en de Ruimteschepen van Mars (Fritz Deelman en die Skepe van Mars)

Verwysings

Tags:

1950AfrikaansJames BondLeon Rousseau

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LuiperdTsoenamiAkwariumAt BothaPersBelvidere Holy Trinity-kerkCorioliskragSelfvertrouePikkewynSikloonYsterDiskriminasieSwaweldioksiedJansenvilleEkonomieGevolge van aardverwarming op oseaneLiefdeSkerpioenGianna MichaelsBelastingRooibokSkildklierPeach van PletzenRugby, WarwickshireKobus LombardBloedingSebraOranjerivierKonsentrasiekampMierSuid-Afrikaanse GrensoorlogKernkragWaarheid-en-versoeningskommissieHeuningbyChristendomNierKarakteriseringKomplementêre kleureVoorsetselSeekoeiAfkortingStres in hoërskoolPrimêre sektor van die ekonomieBloedvergiftigingKhoikhoiVlagterminologieKunsmatige intelligensieMoedersdagWaar ruwe rotseWater (molekuul)StikstofOlifantRivierTweede Nuwe JaarNamakwalandDigtheidLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLuislangeOseaanMenseregtedagSteve HofmeyrAprilKondensasieSkoolNeurenberg-verhoreBloeddrukKlein-KarooProsaKlimaatveranderingHamburgerBernice WestJesus van NasaretVolhoubare ontwikkelingDepressie (gemoedstoestand)Kindermishandeling🡆 More