Menkaoere (ook Menkaoera) was ’n Egiptiese farao van die 4de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk.
Hy was ook bekend onder sy Hellenistiese name, Mykerinos (deur Herodotus) en Mencheres (deur Manetho). Volgens Manetho was hy die opvolger van koning Bicheris, maar argeologiese bewyse dui daarop dat hy meer waarskynlik vir Chafra opgevolg het. Menkaoere het beroemd geword vir sy piramide by Giza en sy pragtige standbeel-triades, wat hom wys saam met godinne en sy vrou, Chamerernebty.
Menkaoere | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Menkaoera, Mykerinos, Mencheres | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Standbeeld van Menkaoere (Egiptiese Museum, Kaïro). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 4de Dinastie | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | 18 tot 22 jaar, vanaf omstreeks 2530 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Chafra (waarskynlik) of Bicheris | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Sjepseskaf | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vader | Chafra | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Moeder | Chamerernebty I | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Oorlede | Omstreeks 2500 v.C. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Monumente | Piramide van Menkaoere | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Menkaoere in Egiptiese hiërogliewe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Menkaoere was die seun van Chafra en die kleinseun van Choefoe (Cheops). ’n Klipmes wat in die tempel van Menkaoere gevind is, noem ’n koning se ma met die naam Chamerernebty I, wat daarop dui dat Chafra en hierdie vrou sy ouers was. Menkaoere het vermoedelik minstens twee vroue gehad:
Daar is nie bewyse van baie kinders van Menkaoere nie:
Dit is onbekend presies hoe lank Menkaoere regeer het. Die antieke historikus Manetho meen dit was 63 jaar, maar dit was waarskynlik nie so lank nie. Die Turynse Koningslys is beskadig op die plek waar die lengte van sy bewind aangedui is, maar dit eindig op ’n 8. Egiptoloë dink dit was 18 jaar, en dit word algemeen aanvaar as reg. Hy kon dalk ook 22 jaar regeer het.
In 2013 is ’n fragment van Menkaoere se sfinks by die ingang tot die paleis in Tel Hazor gevind.
Die Piramide van Menkaoere by Giza is genoem Netjer-er-Menkaoere ("Menkaoere is goddelik"). Dit is die kleinste piramide van die drie by Giza en dit het drie satellietpiramides.
Die satellietpiramides word soms aangedui as G-IIIa (oos), G-IIIb (middel) en G-IIIc (wes). In die kapel wat met G-IIIa verbind word, is die standbeeld van ’n koningin ontdek. Dié piramides was dus dalk bedoel vir Menkaoere se vroue. Dit kan wees dat Chamerernebti II in een van hulle begrawe is.
Die valleitempel was ’n steengebou wat tydens die 5de of 6de Dinastie vergroot is. Uit dié tempel kom die beroemde standbeelde van Menkaoere met sy koningin en verskeie godinne. By die dodetempel is nog standbeelde en fragmente ontdek, onder meer ’n fragment van koningin Chamerernebty I se staf. Dit is nou in die Bostonse Museum van die Beeldende Kunste. Chamerernebti het die titel koningsmoeder op die fragment.
In 1837 het ’n Engelse weermagoffisier, Richard William Howard Vyse, en die ingenieur John Shae Perring uitgrawings by die Piramide van Menkaoere gedoen en ’n groot klipsarkofaag gevind. Dit het nie hiërogliewe opgehad nie, maar was versier in die styl van die paleisfasade. Langs die grafkelder is houtfragmente van ’n kis met Menkaoere se naam asook ’n deel van ’n skelet gevind wat in ’n growwe materiaal toegedraai was. Die sarkofaag is per skip na die Britse Museum in Londen gestuur, maar die skip, Beatrice, het op 13 Oktober 1838 verdwyn nadat dit die hawe by Malta verlaat het. Die ander materiaal is met ’n ander skip gestuur en is nou in die museum te sien saam met die oorblyfsels van die houtkis.
Daar word geglo die kis is ’n heelwat latere vervanging uit die 26ste Dinastie, amper 2 000 jaar ná die farao se oorspronklike begrafnis. Radiokoolstofdatering van die stukke been wat gevind is, dui daarop dat hulle selfs nog jonder is en dateer uit die eerste eeue n.C.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Menkaoere, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.