Mark Twain

Samuel Langhorne Clemens (* 30 November 1835 in Florida, Missouri; † 21 April 1910 in Redding, Connecticut), beter bekend onder sy skuilnaam Mark Twain, was 'n Amerikaanse skrywer en humoris wat veral bekendheid verwerf het met The Adventures of Tom Sawyer (1876) en die vervolgroman Adventures of Huckleberry Finn (1885).

Na die laasgenoemde word dikwels verwys as die Great American Novel.

Mark Twain

Mark Twain

Amerikaanse skrywer en humoris


Handtekening
Mark Twain


Literêre genres
Fiksie, nie-fiksie, historiese fiksie, kinderboeke, reisverhale, satires, essays, wysgerige literatuur, sosiale kommentare, literêre kritieke


Beduidende werke

Mark Twain

Mark Twain (1909)

Adventures of Huckleberry Finn

The Adventures of Tom Sawyer

Twain het grootgeword in Hannibal, Missouri - 'n dorp waar later ook Huckleberry Finn en Tom Swayer sou afspeel. Hy het beroepsopleiding by 'n drukker ontvang en was later ook as lettersetter werksaam. Daarnaas het hy artikels vir die nuusblad van sy ouer broer Orion geskryf. Nadat hy 'n tyd lank in verskillende stede as drukker gewerk het, het Twain hom as meesterloods op 'n Mississippi-rivierboot bekwaam en daarna weswaarts gegaan om met sy broer saam te woon.

'n Tussentydse loopbaan in die goudmynbou was allesbehalwe suksesvol sodat Twain hom tot joernalistiek gewend het. 'n Humoristiese verhaal, wat hy as verslaggewer geskryf het (The Celebrated Jumping Frog of Calaveras County), het baie gewild geraak en dwarsoor die Verenigde State aandag getrek. Ook sy reisdagboeke het gunstelinge van die Amerikaanse leserspubliek geword. Twain het toe besef dat hy sy ware roeping gevind het.

As skrywer en openbare spreker het hy groot sukses behaal. Kritici en kollegas was vol lof vir sy skryfvernuf en sy satires, en Twain het vervolgens vriendskapsbande gesmee met Amerikaanse presidente, kunstenaars, nyweraars en Europese adellikes.

Sy sukses as skrywer het egter opvallend gekontrasteer met sy gebrek aan finansiële vernuf. Alhoewel hy 'n fortuin verdien het met sy literêre werke en lesings, het hy sy geld met 'n aantal ondernemings, waaronder die letterset-masjien Paige Compositor, verkwis en is genoodsaak om bankrot te speel. Danksy die steun wat die sakeman Henry Huttleston Rogers aan hom verleen het, kon Twain sy finansiële moeilikhede uiteindelik oorkom. Twain het baie hard gewerk om seker te maak dat hy al sy skuldeisers ten volle kon betaal, al is hy vanweë sy bankrotskap as onmondig beskou.

Twain, wat gedurende 'n verskyning van Halley se Komeet gebore is, is tydens sy wederkoms oorlede. Twain is as die "grootste Amerikaanse humoris van sy tyd" geprys, terwyl William Faulkner na hom as "die vader van die Amerikaanse letterkunde" verwys het.

Verwysings

Tags:

1835191021 April30 NovemberAdventures of Huckleberry FinnConnecticutMissouriVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BakterieSelfstandige naamwoordEugenetikaChromatografieBosluisbytkoorsAkademiaOnse VaderSomerKunstenaarKoperAppendiksNederlandStollingsgesteenteGevolge van aardverwarming op oseaneKlopjagKookpuntPornhubPlaattektoniekRefleksieRooikatOutismeBloutongsiekteHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOlimpiese Somerspele 2012Lys van slangeRenteLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AlkoholismeBeesVaste stofOlimpiese SomerspelePlantNasionaal-SosialismeGesondheidC.J. LangenhovenSokkerAfrikaanse TaalmonumentTrekarbeidNatuurlike hulpbronKonsentrasiekampSlawernyPablo PicassoVraag en aanbodSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lien se lankstaanskoeneD.J. OppermanHindoeïsmePubliekAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeHeidelberg, GautengDonderstormHector PietersonMaagKlimaatsverandering in AfrikaStedelike hitte-eilandLys van hoofstedeGasRobbeneilandSoogdierEngelsSelfmoordSuid-SothoSweedsAnale kankerSwartrenosterHomoniemWitrenosterNoord-KaapTussenwerpselLionel PetersonLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaTydBreyten BreytenbachNarsistiese persoonlikheidsteuringEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKunsVaginale kanker🡆 More