Maagde-Eilande

Die Maagde-eilande (Engels: Virgin Islands) bestaan uit die Amerikaanse Maagde-eilande, 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika, en die Britse Maagde-eilande, 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk, tussen die Karibiese See in die suide en die Atlantiese Oseaan in die noorde.

Die Spaanse Maagde-eilande behoort sedert die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 aan die Amerikaanse eilandgebied Puerto Rico. Die eilande is in die weste van Anguilla en in die ooste van Puerto Rico geleë. Die Maagde-eilande het 'n bevolking van 146 508 in 2003 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 505 km². Die VS-dollar is in albei gebiede die amptelike geldeenheid.

Maagde-eilande
Inheemse naam: Virgin Islands
Ligging van die Maagde-eilande
Ligging van die Maagde-eilande
Geografie

Ligging Atlantiese Oseaan, Karibiese See
Koördinate 18°05′N 64°50′W / 18.083°N 64.833°W / 18.083; -64.833 64°50′W / 18.083°N 64.833°W / 18.083; -64.833
Argipel Klein-Antille

Oppervlakte 505 vk km

Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

Hoofstad Road Town
Grootste stad Road Town (9 400)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eilandgebied Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
Hoofstad Charlotte Amalie
Grootste stad Charlotte Amalie (18 914)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eilandgebied Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
Hoofstad San Juan
grootste stad San Juan (395 326)

Demografie
Bevolking 146 508

Maagde-Eilande
Geografiese kaart van die Maagde-eilande
Maagde-Eilande
Politieke kaart van die Maagde-eilande:

   Amerikaanse Maagde-eilande

   Britse Maagde-eilande

   Spaanse Maagde-eilande (Puerto Rico)

   Puerto Rico (VSA)

Die eilande is deur Christophorus Columbus op 14 November 1493 vir Europa ontdek en vir Spanje in besit geneem, maar die eilande is nie deur Spanjaarde bevolk nie. Sedert die 17de eeu was die eilande tussen Denemarke en Engeland opgedeel en sommige eilande was tydelik in Nederlandse besit. 1917 het die VSA die Deense deel vir 25 miljoen VS-dollar gekoop.

Grootste eilande

Rank Eiland Oppervlak (km²) Oppervlak (vk myl) Bevolking (2010) Administrasie
1 Saint Croix 214 82 50 601 Maagde-Eilande  Amerikaanse Maagde-eilande
2 Vieques (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) 135 52 9 301 Maagde-Eilande  Puerto Rico
3 Saint Thomas 80,91 31,23 51 634 Maagde-Eilande  Amerikaanse Maagde-eilande
4 Tortola 55,7 21,5 23 908 Maagde-Eilande  Britse Maagde-eilande
5 Saint John 51 19,6 4 170 Maagde-Eilande  Amerikaanse Maagde-eilande
6 Anegada 38 15 200 Maagde-Eilande  Britse Maagde-eilande
7 Culebra (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) 30,1 11 1 818 Maagde-Eilande  Puerto Rico
8 Virgin Gorda 21 8 3 000 Maagde-Eilande  Britse Maagde-eilande

Sport

Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan elke Krieketwêreldbeker deelgeneem en die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen.

Eksterne skakels

Tags:

1898Amerikaanse Maagde-eilandeAmerikaanse dollarAnguillaAtlantiese OseaanBritse Maagde-eilandeBritse oorsese gebiedeEilandgebiede van die Verenigde State van AmerikaEngelsGeldeenheidKaribiese SeePuerto RicoSpaans-Amerikaanse OorlogVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKolonisasieKewerGrondbesoedelingMangelElektrisiteitLabia (geslagsdele)DansRomeinse RykSwartrenosterBruin menseHage GeingobVlag van Suid-AfrikaXHTMLGewone luislangSamestellingBrongitisSwaziKoolstofMantisStam (taalkunde)Maroela MediaDermpoliepMaagStedelike gebiedLeierskapPropagandaSonBoelieryVerkleinwoordDepressie (gemoedstoestand)Desimale breukeKinderregteRussiese inval in Oekraïne sedert 2022TandbederfKankerJohannes MeintjesKitaarKlimaatNatuurlike hulpbronJohannesburgTrekarbeidGroepsdrukSpreeuKletsrymLewerMynbouGalileo GalileiJagluiperdNarsistiese persoonlikheidsteuringAnale kankerGeografie van Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRugbyVierde Industriële RevolusiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSonnestelselVerkoueHamburgerRuan PienaarGrondLeeuWeer (meteorologie)Volksrepubliek ChinaNG gemeente MurraysburgIrma SternUniversele Verklaring van MenseregteMenslike skeletDiskriminasieKolorektale kankerSeksuele opwekkingBloemfonteinSlimfoonGeelslangDwelmmiddelLeonardo da VinciGreen PornoMarie Antoinette🡆 More