Die Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek (Litaus: Lietuvos Tarybų Socialistinė Respublika; Russies: Литовская Советская Социалистическая Республика, Litofskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Litause SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.
| |||||
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie | |||||
Hoofstad | Vilnius | ||||
Grootste stad | Vilnius | ||||
Amptelike tale | Russies, Litaus | ||||
Regering | Sosialisties | ||||
Onafhanklikheid Bestaan Van Tot | 3 Augustus 1940 6 September 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 65 200 km2 (11de in USSR) | ||||
Bevolking - 1989-skatting - Digtheid | 3 689 779 (11de in USSR) 56,6 / km2 | ||||
Geldeenheid | roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd | +3 (UTC) + (UTC) | ||||
Internet-TLD | .su | ||||
Skakelkode | + |
In Junie 1940 het die Rooi Leër die onafhanklike Litaue beset en in Augustus 1940 het dit die Litause SSR geword. Van 1941 tot 1944 is Litaue deur Nazi-Duitsland beset, maar dit is daarna deur die Sowjetunie herower.
Op 11 Maart 1990 het die land sy onafhanklikheid verklaar, maar dit is eers op 6 September 1991 deur die Sowjetunie erken, saam met dié van Estland en Letland. Op 31 Augustus 1993 het die laaste Russiese troepe die land verlaat.
Naam | Lewenspan | Ampstyd | Party | |
---|---|---|---|---|
1 | Mečislovas Gedvilas | * 1901; † 1981 | 25 Augustus 1940 – 16 Januarie 1956 | Lietuvos Komunistų Partija (Litause KP) |
2 | Motiejus Šumauskas | * 1905; † 1982 | 16 Januarie 1956 – 14 April 1967 | Lietuvos Komunistų Partija |
3 | Juozas Maniūšis | * 1910; † 1987 | 14 April 1967 – 16 Januarie 1981 | Lietuvos Komunistų Partija |
4 | Ringaudas Bronislovas Songaila | * 1929 | 16 Januarie 1981 – 18 Januarie 1985 | Lietuvos Komunistų Partija |
5 | Vytautas Sakalauskas | * 1933; † 2001 | 18 Januarie 1985 – 17 Maart 1990 | Lietuvos Komunistų Partija |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.