Land en Volk was 'n Pretoriaanse koerant wat deur Eugène Marais gestig is, en waarvan hy ook die redakteur was.
Hy het die koerant gebruik om aanvalle, wat dikwels persoonlik en neerhalend van aard was, teen president Paul Kruger te loods. Gevolglik is Marais telkens voor die hof gedaag op aanklagte van laster. Deur die hoofartikels wat Marais in Land en Volk geskryf het, asook sy prosa en digkuns, het hy 'n vername figuur in die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en letterkunde geword. Marais en Jacob Roos was sedert 1891 die eienaars, toe hulle dit vir £500 gekoop het. Marais het sy redakteurskap in 1896 beëindig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Land en Volk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.