Volk Ewe

Die Ewe (Ewe: Eʋeawó, letterlik: Ewe-volk; of Mono Kple Volta Tɔ́sisiwo Dome, letterlik: Ewe-nasie, Eʋenyigba, Ewe-land) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Ewe as moedertaal praat.

Hulle bly veral in die suide van die drie lande Ghana, Togo en Benin. In Ghana is hulle met sowat 13,9% die derde grootste etniese groep ná Akan (47,5%) en Mole-Dagbani (16,6%). In Togo is hulle met sowat 32% van die bevolking die grootste etniese groep. In Benin bevolk hulle veral die suidwestelike gebiede langs die Atlantiese Oseaan se kus.

Ewe
Volk Ewe
Ewe-musici in Togo
Totale bevolking: ca. 6,7 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Ghana Ghana 3,3 miljoen

Vlag van Togo Togo 3 miljoen
Vlag van Benin Benin 0,4 miljoen

Taal: Ewe
Geloofsoortuiging: Christendom (50%), Vodun tradisionele godsdiens, Islam, Judaïsme
Verwante etniese groepe: Ander Gbe-volke soos Aja, Fon, Gen en Phla-Phera
Volk Ewe
Vlag van die Ewe-volk
Volk Ewe
Verspreiding van die Gbe-tale met Ewe in geel

Hul gelyknamige taal behoort tot die Niger-Kongo-tale se Gbe-taalfamilie. Hulle is verwant aan ander mense wat Gbe-tale soos Fon, Gen, Phla-Phera, en Aja in Benin, Togo en Nigerië praat.

Die Ewe bly veral langs die suidelike kusstreek van Wes-Afrika, suid en oos van die Voltarivier tot by die Monorivier op die grens tussen Togo en Benin. Hul tuiste, die Ewe-land, streek oor die Voltastreek in suidoostelike Ghana (voorheen Brits-Togoland), suidelike Togo (voorheen Frans-Togoland) en die suidwestelike dele van Benin. Na die Ewe-streek word soms as Ewe-nasie of Eʋedukɔ́-streek (Togoland in die koloniale literatuur) verwys.

Die Ewe is onderverdeel in vier groepe gebaseer op hul dialek en geografiese blyplek: Anlo Ewe, Mina, Anechɔ, Ʋedome(Danyi), Tongu of Tɔŋu. Die tradisionele taal van hul literatuur is die Anlo-ondertak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Akan (volk)Atlantiese OseaanBeninEtniese groepEwe (taal)GhanaMoedertaalTogoWes-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AandagstreepChemiese elementSeisoenSkilpadMobutu Sese SekoDansKlimaatsverandering in AfrikaSamespanningGroepsgebiedewetImpakte van toerismeBesoedelingProteïenOntdekking van goud in Suid-AfrikaDolfynWaarheid-en-versoeningskommissieAfrikaanse WikipediaStereotipeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMieliestronkNoordwesSaartjie BaartmanChristiane JaccottetHeuningbyWaterbesoedelingRymSharpeville-slagtingJan van RiebeeckMenseregtedagLys van Griekse mitologiese figureAgtervoegselLys van visseLys van Suid-Afrikaanse skrywersAngssteuringNasionalismeVerenigde KoninkrykGrondsoorteDesmond TutuPeter SnydersMcDonald'sKoorsFiela se kindLionel MessiMaagsweerLys van Suid-Afrikaanse musikanteSelfieKlinkerVolhoubaarheidAarverkalkingTaalfossielPersentasieWet op NaturellengrondAarde se atmosfeerSout (chemiese stof)HeuningInfeksieSoutsuurSlawernyBreinInsekHernubare energieKoorsblaarSamestellingMierVakbondNic de JagerSlag van Cuito CuanavaleBTWSpringbokVennootskapEkotoerismeSkuinsstreepMaanBlack SashDriedimensioneelOmtrek, oppervlakte en volume🡆 More