Kruisement

Kruisement, uit die Griekse míntha, is 'n genus van plante in die familie Lamiaceae (kruisement-familie).

Die verskillende spesies is nie duidelik onderskeibaar nie, en skattings van hulle aantal wissel van 13 tot 18. Verbastering tussen sommige van die spesies kom natuurlik voor.

Kruisement
Kruisement
Peperment (Mentha × piperita)
geskets deur Koehler, 1887
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Tribus:
Mentheae
Genus:
Mentha

Tipespesie
Mentha spicata
Sinonieme
  • Pulegium Mill.
  • Preslia Opiz
  • Audibertia Benth.
  • Menthella Pérard
  • Minthe St.-Lag.

Die genus is wydversprei oor die hele Europa, Afrika, Asië, Australië en Noord-Amerika.

Kruisement
Bloeiwyse van Mentha pulegium
Kruisement
Mentha longifolia

Kruisement is aromatiese, byna uitsluitlik meerjarige, selde jaarlikse, kruie. Hulle het 'n wye verspreiding van ondergrondse en bogrondse stolons en regop, vierkantige, vertakte stamme. Die blare word gedra in teenoorgestelde pare van langwerpig tot lansetvormig. Blare is dikwels donserig met 'n getande rand. Blaarkleure wissel van donkergroen en grysgroen tot pers, blou en soms liggeel. Die blomme is wit tot pers en vorm vals kranse. Die bloemwyse is dubbel gelip met vier lobbe, die boonste lob is gewoonlik die grootste. Die vrug is 'n neutjie, met een tot vier sade.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Peter UeberrothKommunistiese Party van die SowjetunieOeigoereDiktatorskapKunsmusiekKolonoskopieKarooHermie HendriksMaselsMarkenCorlia FourieSewe doodsondesPlat AardeSeksueel oordraagbare infeksieLabia (geslagsdele)Saoedi-Arabiese Grand PrixISBN (identifier)Biotegnologie2023 Gaboenese staatsgreepOogJennifer ZamudioOnderhandelinge om apartheid te beëindigJulius MalemaFriedrich SchleiermacherLetterlike en figuurlike taalgebruik2024BreinvliesontstekingJesus van NasaretOntwerpParasetamolHelpmekaar-kollegePikriensuurVictoria AzarenkaHartaanvalAstronoomTweede VryheidsoorlogGurbanguly BerdimuhamedowTongaAntieke RomeCecilia Payne-GaposchkinJudeaSeksSonAardbewingLys van vissePankreasShaanxiSponsdierHondKonjunktivitisRugbyAartappelNieu-SeelandMaroela MediaMaanFotoKoos BekkerKrieketwêreldbeker 1983Magda van BiljonPous Celestinus IIIMenseregtedagMacauOopbroninhoudBoer Soek 'n VrouCaroline, Prinses van HannoverKaartTotalitarismeGoudSteve HofmeyrProstaatklierFraktuurRicus NelNasireërAreolaByEuropese UnieBloublasie🡆 More