Boeddhavamsa: Boeddhistiese teks

Die Boeddhavamsa (ook bekend as die Kroniek van Boeddhas) is ’n Boeddhistiese teks wat die lewe beskryf van Gautama Boeddha en die 24 vorige Boeddhas wat sy verkryging van boeddhaskap voorspel het.

Dit is die 14de boek van die Khuddaka Nikaya, wat weer die 5de en laaste deel van die Sutta Pitaka is. Die Sutta Pitaka is een van drie pitakas ("mandjies", of hoofdele) wat saam die Tripitaka, of Pali-kanon, van Theravada-Boeddhisme uitmaak.

Boeddhavamsa: Boeddhistiese teks
Buddhavamsa

Geleerdes glo die Boeddhavamsa is in die 1ste en 2de eeu geskryf en is dus ’n latere byvoeging tot die Pali-kanon.

Opsomming

Boeddhavamsa: Boeddhistiese teks 
Sittende Boeddha, Sri Lanka.

Die eerste hoofstuk vertel hoe Gautama Boeddha ’n pad besaai met juwele in die lug skep om sy bonormale kennis te demonstreer.

In die tweede hoofstuk vertel Gautama hoe hy in ’n vorige lewe ’n voorspelling van die destydse Dipankara Boeddha ontvang het dat hy "in die volgende era ’n Boeddha met die naam Sakyamuni sal word" en hoe hy die "tien volmaakthede" uitgedink het wat hy moes oefen.

Van hoofstukke 3 tot 26 is ’n beskrywing van die 24 historiese Boeddhas wat Gautama Boeddha voorafgegaan het, en die verdienstelike handelinge van Gautama Boeddha in sy vorige lewens teenoor hulle.

Hoofstuk 27 is ’n beskrywing van die lewe van Gautama Boeddha.

Hoofstuk 28 noem drie Boeddhas wat Dipankara voorafgegaan het, sowel as die toekomstige Boeddha, Maitreya.

In hoofstuk 29 word vertel hoe die Boeddha se relieke ná sy dood versprei moet word.

Verwysings

Eksterne skakels

The chronicle of twenty-four Buddhas, deur Mingun Sayadaw, red. en vert. prof. U Ko Lay en U Tin Lwin, Yangon, Myanmar. Net hoofstukke 1, 22, 23 en 24.

Tags:

BoeddhaBoeddhismeGautama BoeddhaPali-kanonTheravada

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StereotipeSelfieLeah van NiekerkSpreeuAngolese BurgeroorlogChatGPTOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMaselsBloedsomloopstelselLys van veltoestandeAfrikaVolhoubare ontwikkelingGraaff-ReinetSelfstandige naamwoordEben EtzebethSikloonBelastingSlimfoonAtoomSeksueel oordraagbare infeksieBestaansboerderySkoenlapperGriepVars waterBalletEkonomiese sektorDrinkwatervoorsieningUnited Democratic FrontPuntAfrikanernasionalismeVolstruisBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Lys van Afrikaanse rolprenteTweede VryheidsoorlogLidwoordCurly HowardPaarl GimnasiumVisAfvalbestuurNasionale VrouedagHematurieSwart menseGewone luislangAfleiding (taalkunde)SpringbokkeDeelteken en umlautLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMigrasie van voëlsAfkortingGoogleArmoedeHulpwerkwoordKlem-in-die-kaakGetalEkonomieJohnny RapidSelfbeeldLimpopo (rivier)IngenieursweseDie Stem van Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalMaatskaplike verantwoordelikheidSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994JagluiperdPampoentjiesNetbalKopieregWortelBetonGesondheidGroepsdrukTussenwerpselJeugdagKlitorisOrtopedieLewerPaasfees🡆 More