Kitalpha

Kitalpha (ook bekend as Alpha Equulei of α Equ) is die helderste ster in die sterrebeeld Vul (Equuleus).

Dit is 190 ligjare van die Son af.

Kitalpha
Kitalpha
Kitalpha se ligging (in die rooi sirkel).
Kitalpha se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Vul
Bayer-naam Alpha Equulei
Spektraaltipe G7III + kA3hA4mA9
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h 15m 49.43192s
Deklinasie +5° 14′ 52.2430″
Skynmagnitude (m) 3,919
Absolute magnitude (M) 0,17 (0,71 + 1,18)
B-V-kleurindeks  +0,529
U-B-kleurindeks  +0,284
Besonderhede
Massa (M) A: 2,3
B: 2
Radius (R) A: 9,2
B: 2,6
Ligsterkte (L) A: 52,5
B: 26,3
Ouderdom (jaar) B: 740 miljoen
Temperatuur (K) A: 5 100
B: 8 150
Rotasiespoed (km/s) A: 20
Ander name
8 Equulei, HR 8131, HD 202447, BD +04 4635, HIP 104987, SAO 126662, FK5 800, GC 29735
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Name

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Equulei" en sy Flamsteed-naam "8 Equulei". Die tradisionele naam, "Kitalpha", kom van die Arabiese قطعة الفرس qiṭ‘a(t) al-faras, "’n deel van die perd".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Kitalpha" vir die ster goedgekeur

Eienskappe

Die gesamentlike klassifikasie van α Equ is ’n G-tipe reusester met ’n skynbare magnitude van 3,92, maar dit is ’n dubbelster. Die primêre komponent is ’n G7-reus wat ’n ligsterkte van sowat 50 keer dié van die Son het. Sy oppervlaktemperatuur is 5 100 K en sy radius 9,2 keer die Son s’n.

Die sekondêre ster is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n ligsterkte van sowat 26 keer die Son s'n. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 8 150 K en ’n radius van 2,6 sonradiusse. Dit is ’n chemies buitengewone Am-ster.

Die twee sterre wentel elke 988 dae in ’n sirkulêre wentelbaan om mekaar. Volgens hulle wentelsnelhede is hulle massas onderskeidelik 2,3 en 2 sonmassas.

Verwysings

Eksterne skakels

21h 15m 49.43192s, +05° 14′ 52.2430″

Tags:

Kitalpha NameKitalpha EienskappeKitalpha VerwysingsKitalpha Eksterne skakelsKitalphaLigjareSonSterSterrebeeldVul (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuisvoëlBloedsomloopstelselOutismePampoentjiesNadia ValvekensWikipediaKremetartApple Inc.DaggaOrgasmeApokriewe boekeGeldGeskiedenis van Suid-AfrikaOu TestamentDeon GrootTegnologieTownshipJonathan JansenMasturbasieKaapstadVolksrepubliek ChinaRobert SobukweKragopwekkingSiekteLukasrandtoringBraaiPenetrasieErfenisdag (Suid-Afrika)SpinnekopUnited Democratic Front2023 Azerbeidjanse Grand PrixFanny Louise BernthBorskankerKirsten NeuschäferLinuxDanie du ToitVleesbaaiNetbalFred ZeilingaJohan BadenhorstGoogleGetalLeukemieHondeklipbaaiNamakwalandAlkoholismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGoudHartIslamVersamelnaamGriekelandPegasus-projekWaterpokkiesVulvaSenuweestelselISkeurbuikNasionale lied van Suid-AfrikaKameeldoringAnglo-BoereoorlogNederlandsKonsentrasiekampSlotmasjienRassisme in AfrikaEerste WêreldoorlogHomoniemSwangerskapWaterstofSeksuele omgangElizabeth II van die Verenigde KoninkrykQR-kodeTurksvyWiskunde🡆 More