Sterrebeeld Vul: Sterrebeeld

Die Vul (Latyn: Equuleus) is ’n dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim, die tweede kleinste beeld naas die Suiderkruis.

Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Vul
Sterrebeeld Vul: Sterrebeeld
Latynse naam Equuleus
Genitief Equulei
Afkorting Equ
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h
Deklinasie 10º
Grootte 72 vk. grade (87ste)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 3
Helderste ster Kitalpha (Alpha Equulei)
Naaste ster Gliese 818 (HD 200779)
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 1
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 10
Aangrensende sterrebeelde
Waterdraer, Dolfyn, Vlieënde Perd
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Die helderste ster in die Vul is Kitalpha (Alpha Equulei) met ’n helderheid van 3,92 mag. Daar is ’n paar noemenswaardige dubbelsterre: γ Equ, ε Equ (wat uit vier komponente bestaan) en δ Equ, waarvan die komponente elke 5,7 jaar om mekaar wentel – op ’n tyd die kortste bekende tyd vir ’n optiese dubbelster. Daar is min veranderlike sterre in die sterrebeeld. Net sowat 25 is bekend en die meeste is dof. γ Equ wissel elke 12½ minute tussen 4,58 en 4,77 mag.

Weens die Vul se afstand van die Melkweg af is daar net ’n paar dowwe sterrestelsels tussen 13 en 15 mag wat hier voorkom, soos NGC 7015, NGC 7040, NGC 7045 en NGC 7046.

Eksterne skakels

Tags:

LatynPtolemeusSterrebeeldSuiderkruis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bruin menseKlimaatveranderingKonsonantLettergreepKontinentKoolstofLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWiskundige terminologieLys van elemente volgens simboolKrugerwildtuinDriedimensioneelBreingewasVoorsetselOrale seksLys van kleureBrandmondsindroomBTWNasionale PartyCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaFort BeaufortRudi ClaaseFabelNic de JagerKoorsLys van politieke partye in Suid-AfrikaPuberteitEugenetikaSirkelNoFapDigvormVars waterHomofoonJo BlackLionel PetersonWater (molekuul)KoolstofdioksiedWieg van die MensdomKlimaatPornhubLys van Afrikaanse televisiereekseAdolf HitlerSeksualiteitMasjienEliza ScanlenHipertensieMonopolyErfenisKapitalismeWhatsAppRymOlifantMIVBysinBrugVerkleinwoordSnaarinstrumentLys van visseOrthopteraBaardskeerder-spinnekopWiki CommonsFrankrykVrouKinderregteKernoorlogLoftus MaraisLys van Afrikaanse rolprentePinksterMuishondVerdampingOrtopedieRekenaarHemelBesemMikroörganismeMenseregtedagKimberleyPerd🡆 More