Jurinus Janse Van Rensburg

Luitenant-generaal Jurinus (Rinus) Janse van Rensburg SD SM MMM KStJ, (gebore 7 Januarie 1952) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder.

Hy het in 1972 by die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens aangesluit en was die diens se bevelvoerder as geneesheergeneraal van 2000 tot 2005 beveel. Hy het as Hoof van Korporatiewe Personeel gedien vanaf 1 Augustus 2005 tot sy aftrede in 2010.

Jurinus Janse Van Rensburg

Vroeë lewe

Hy is op 7 Januarie 1952 in Murraysburg, in die Karoo gebore en het in 1969 aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer. Hy het in 1970 by die Weermag aangesluit en was by 1 Onderhoudseenheid by Lenz gestasioneer. Dit was in hierdie tydperk dat hy besluit het om medies te studeer en het sy studies aan die Universiteit van Pretoria begin.

Nadat hy sy graad in 1976 behaal het, het hy 'n mediese beampte by 1 Militêre Hospitaal geword. In 1980 is hy as die Senior Operasionele Beampte na die destydse Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens se hoofkwartier oorgeplaas, en gedurende dieselfde jaar na die destydse Suidwes-Afrika Mediese Kommandement, Sektor 10, as mediese beampte oorgeplaas.

In 1983 het hy die SO2 van Mediese Opleidingskommando geword. Hy is in 1986 in sy eerste bevelsposisie aangestel, toe hy die Bevelvoerder van die destydse Suidwes-Afrika Mediese Kommandement geword het. In 1989 is hy bevorder tot die rang van Brigadier-generaal en het die Algemene Bevelvoerder van 1 Militêre Hospitaal geword.

In 1994 is hy teruggeplaas na die SAMHS Hoofkwartier as Hoof van Personeelbeplanning totdat hy in 1997 as Hoof van Mediese Magsaanwending aangestel is. Op 1 Oktober 2000 volg hy wyle lt-genl. Davidson Masuku, as die geneesheer-generaal van die SANW, 'n pos wat hy tot 31 Julie 2005 beklee het. Hy is op 1 Augustus 2005 as Hoof van Korporatiewe Personeel aangestel.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeVars waterArmoedeVerkleinwoordPeach van PletzenAndré SchwartzWoestynIslamitiese mitologieGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMonopolyVitamien DDepressie (gemoedstoestand)HidroulikaKrieketBywoordHadjBruto binnelandse produkKameelperdEugenetikaCarles PuigdemontPlae van EgipteBrandSias ReineckeBeesSkilpadMiddelmisbruikNaaldekokerSeksueel oordraagbare infeksieKommunikasieBybelLeierskapKennisEllipstekenInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandJak de PriesterApartheidTandbederfKoos BekkerYouTubeBeeldspraakViëtnamoorlogOlifantAartappelElandré26 AprilPersentasieFranse RewolusieBloemfonteinAnale seksKolonoskopieMachu PicchuKankerbossieBlackie Swart (sanger)VingerseksBeesvleisGoogleWêreld- Ekonomiese ForumWielAkademiaBruin huisslangEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMutasieLys van Suid-Afrikaanse skrywersHarvey WeinsteinMiltGriekse teaterVrymesselaryGewone luislangPenisPad na jou hartGevlekte muisvoëlJenewerbessieHartversakingArabiesZambië🡆 More