Jan Morris: 'n Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer

Jan Morris (Genoot van die Koninklike Genootskap van Literatuur; 2 Oktober 1926 - 30 November 2020) was 'n Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer.

In 1951 het sy haar BA- en in 1961 haar MA-graad aan Christ Church College, Oxford behaal. Gedurende haar loopbaan as geskiedkundige en reisskrywer het sy haar eie kenmerkende styl ontwikkel wat aan haar byname soos "die Flaubert van die stralertydperk" (Alistair Cooke) besorg het, terwyl Rebecca West na haar verwys het as "moontlik die beste beskrywende outeur van ons tyd".

Jan Morris
Jan Morris: Agtergrond, Loopbaan, Persoonlike lewe
Gebore
James Humphrey Morris

2 Oktober 1926
Clevedon, Somerset, Engeland
Sterf30 November 2020
NasionaliteitVlag van Wallis Wallis
BeroepReisskrywer, geskiedkundige

Haar beskrywings van metropole en lande soos Venesië, Oxford, Manhattan, Sydney, Hong Kong, Spanje, Wallis en Triëst toon groot insig in die karakter en historiese agtergrond van plekke en mense wat sy besoek het. Sy is veral bekend om die Pax Britannica trilogie (1968–1978), 'n historie van die Britse Ryk. Daarnaas het twee outobiografiese werke, ses bundels met versamelde reisverhale en essays, asook 'n roman uit haar pen gekom.

Sy was transseksueel, en het tot 1972 onder haar geboortenaam, James, gepubliseer, toe sy geslagtelike her-toedeling ondergaan het toe sy oorgegaan het van 'n leefstyl as man na dié van 'n vrou.

Agtergrond

Morris is gebore in Engeland as die kind van 'n Engelse moeder en Walliese vader, en het haar opvoeding ontvang aan Lancing Kollege, Wes Sussex, en Christ Church, Oxford, en beskou haarself as Wallies.

Morris het in die afsluitingsfases van die Tweede Wêreldoorlog gedien in die 9de Queen's Royal Lancers en is in 1945 gestasioneer na die Vrye Gebied van Trieste gedurende die gesamentlike Brits-Amerikaanse okkupasie.

Loopbaan

Na die oorlog het Morris vir The Times geskryf, en in 1953 was sy die korrespondent van die koerant wat die 1953 Britse Berg Everest Ekspedisie begelei het, wat die eerste ekspedisie was om Berg Everest uit te klim. Morris het in 'n gekodeerde boodskap aan die koerant verslag gegee oor die sukses van Hillary en Tenzing.

Morris het in 1956 vanaf Siprus vir die Britse dagblad The Guardian verslag gelewer oor die Suez-krisis, en die eerste "onbetwiste bewyse" van samespanning tussen Frankryk en Israel met betrekking tot die inval van Egiptiese grondgebied gelewer, met haar onderhoude van Franse lugmagvlieëniers wat bevestig het dat hulle ter ondersteuning van Israeliese magte in aksie was.

Morris was gekant teen die Falklandoorlog.

Persoonlike lewe

Morris het meestal in Noord-Wallis gewoon.

Gedeeltelike Bibliografie

Nie-fiksie

Reisjoernale

  • Coast to Coast (gepubliseer in die VSA As I Saw the USA; 1956: wenner v/d 1957 Cafe Royal-prys)
  • Sultan in Oman (1957; nuwe uitgawe deur Eland Books in 2008)
  • The Market in Seleukia (1957)
  • South African Winter (1958)
  • The Hashemite Kings (1959)
  • Venice (1960: winner of the 1961 W.H. Heinemann-toekenning)
  • The Presence of Spain (1964)
  • Spain (1964)
  • Oxford (1965)
  • The Great Port: A Passage through New York (1969)
  • The Venetian Empire (1980)
  • A Venetian Bestiary (1982)
  • The Matter of Wales (1984)
  • Spain (1988)
  • Hong Kong (1988)
  • Sydney (1992)
  • Trieste and the Meaning of Nowhere (2001)
  • A Writer's World: Travels 1950–2000 (2003)
  • Contact! A Book of Encounters (2010)

Essays

  • The Road to Huddersfield: A Journey to Five Continents (1963)
  • The Outriders: A Liberal View of Britain (1963)
  • Cities (1963)
  • Places (1972)
  • Travels (1976)
  • Destinations (1980)
  • Wales; The First Place (1982, herdruk in 1998)
  • Journeys (1984)
  • Among the Cities (1985)
  • Locations (1992)
  • O Canada! (1992)
  • Contact! A Book of Glimpses (2009)

Geskiedenis

  • Die Pax Britannica Trilogie
    • Heaven’s Command: An Imperial Progress (1973). Boek 1. Dek die tydperk 1837 tot 1897
    • Pax Britannica: The Climax of Empire (1968). Boek 2.
    • Farewell the Trumpets: An Imperial Retreat (1978). Boek 3. Dek die tydperk 1897 tot 1965
  • The Spectacle of Empire: Style, Effect and the Pax Britannica (1982)
  • Stones of Empire: Buildings of the Raj (1983) (deur Jan Morris met fotos deur Simon Winchester)
  • Battleship Yamato: Of War, Beauty and Irony (2018)

Biografie

  • Fisher's Face (1995)

Memoirs

  • Conundrum, US: Harcourt Brace (1974) (persoonlike verhaal van transseksualisme)
  • Wales, The First Place (1982)
  • Pleasures of a Tangled Life (1989)
  • "Herstory" (1999)
  • Trieste and the Meaning of Nowhere (2001)
  • A Writer's House in Wales (2002)
  • In My Mind's Eye: A Thought Diary (2018)

Ander

  • Coronation Everest (1958)

Fiksie

Romans

  • Last Letters from Hav (1985: op die kortlys geplaas vir die 1985 Booker-prys vir fiksie
  • Hav of the Myrmidons. Gepubliseer saam met 'Last Letters from Hav', as 'Hav (2006); op die kortlys geplaas vir die 2007 Arthur C Clarke-prys)

Kortverhale

  • The Upstairs Donkey, and Other Stolen Stories (1961)

Lukraak

  • The World Bank. A Prospect (1963)
  • Manhattan '45 (hardeband 1987, sagteband 1998)
  • Over Europe (Weldon Owen, 1991) – Jan Morris het die teks voorsien vir hierdie post-Koue Oorlogse fotoprojek
  • Fifty Years of Europe: An Album (1997) – in 2006 gepubliseer as Europe – An Intimate Journey
  • The Oxford Book of Oxford (redakteur)
  • The Matter of Wales: Epic Views of a Small Country
  • Lincoln: A Foreigner's Quest (2001)
  • Our First Leader
  • Thrilling Cities geskryf deur Ian Fleming. Jan Morris het die inleiding voorsien vir die 2009-uitgawe wat deur Ian Fleming Publications gepubliseer is.

Verwysings

Verdere leeswerk

Ekaterne skakels

Tags:

Jan Morris AgtergrondJan Morris LoopbaanJan Morris Persoonlike leweJan Morris Gedeeltelike BibliografieJan Morris VerwysingsJan Morris Verdere leeswerkJan Morris Ekaterne skakelsJan Morris19262 Oktober202030 NovemberWallis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LetterkundeEkonomieGroenteGriepGordelroosIsraelLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KorrupsieWamelHannes van WykMaroela MediaNelson MandelaDieremishandelingGeelslangMiteKarpaletonnelsindroomKolitisTolla van der MerweSimon PetrusEleanor RooseveltSkildklierHormoonSkaapLongOostenrykLys van hoofstedeMuskeljaatkatOsloMadison IvyDoelwitSophie MarceauBorsklierHaasKennisMieliestronkSeekoeiHerpes simplexAfleiding (taalkunde)GeorgeSeksueel oordraagbare infeksieJesus van NasaretSkisofrenieAfrikaAfrikaanse TaalbewegingDepressie (gemoedstoestand)Adolf HitlerPaasfeesHeilige geskrifteLewerGawes van die Heilige GeesWynVerenigde State van AmerikaWalvisCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaFredi NestStedelike hitte-eilandAardeSoogdierPretoriaEkonomie van Suid-AfrikaRenosterGeslagOos-KaapBywoordOostenrykse DuitsLetterlike en figuurlike taalgebruikLGBTNoorweëGenootskap van Regte AfrikanersNierversakingVerduisteringSondagDoodVetplantVerbondsarkRomeinse syfers🡆 More