Jan F. Celliers

Johannes Francois (Jan Volkstem) Celliers (*5 Maart 1839, Wellington – †4 Maart 1895) was ’n Suid-Afrikaanse joernalis, koerantredakteur en politikus asook die vader van die digter Jan F.E.

Celliers">Jan F.E. Celliers.

Jan F. Celliers
Johannes Francois Celliers.

Celliers ontvang sy onderrig aan die Paarlse Gimnasium van Ds. Van der Lingen sluit hy hom in 1863 op 24-jarige leeftyd aan by die Kaapse koerant Het Volksblad onder redaksie van B.J. Van de Sandt de Villiers. Op versoek van pres. T.F. Burgers gee hy op 8 Augustus 1873 ’n regeringsgesinde koerant, De Volksstem, in Pretoria uit. Dit moes as teenvoeter vir die Engelse koerante dien wat die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek dikwels vyandiggesind was.

Na die anneksasie van Transvaal in 1877 het Cilliers ’n advertensie van Wakkerstroomse boere geplaas, waarin hulle verseg het om belasting aan die Britse owerheid te betaal. Vir hierdie “oortreding” en as gevolg van die openlike steun wat Celliers in die blad aan die Transvaalse burgers uitspreek, word hy in 1880 ’n maand lank deur die Britse owerheid in die gevangenis aangehou en is hy ook ’n boete opgelê. Onder leiding van genl. Piet Joubert word geld ingesamel om Celliers ná sy vrylating toe te laat om met die blad voort te gaan.

Op 17 Oktober 1881, kort ná die Eerste Vryheidsoorlog, word Celliers Volksraadslid en sekretaris van die Afrikanerbond. Dieselfde jaar verkoop hy sy drukkery aan die regering, waarna dit die grondslag vorm van die Staatsdrukkery. In 1888 tree hy af as redakteur van De Volksstem en word hy opgevolg deur dr. F.V. Engelenburg. Hy wy hom tot sy dood, ’n dag voor sy 56ste verjaardag, aan die politiek.

Bronne

  • Albertyn, dr. C.F. Albertyn. 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.

Tags:

183918954 Maart5 MaartJan F.E. CelliersWellington

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LatynMarita NapierSportMagda van BiljonSonsverduisteringSteve HofmeyrRenteKoringGoeie VrydagJulius MalemaKlimaatSponsdierKarpaletonnelsindroomSiembambaVierkleurAzerbeidjanKoorsblaarDuitsKoorsDesiré GardnerAfrikaanse skrywersGodsdiensBetonWikiDirigentHartversakingSelfieSpesiePotchefstroomGewone janfrederikPlae van EgipteIan GoodfellowVerenigde NasiesRenier van RooyenBybelVulvaBreinHemelvaartGeografie van Suid-AfrikaStellenboschApostoliese GeloofsbelydenisWolmaransstadHelpmekaar-kollegeNiccolò MachiavelliF.W. de KlerkHoofstadWelkomSaccharomyces cerevisiaeHipertensieTweede VryheidsoorlogRob HersovSokkerCecilia Payne-GaposchkinMotorvoertuigErektiele disfunksieLangste woordJan BlohmRicus NelJohanna van der MerweBulgaryeKameelperdSonBalletIranJohan DegenaarThabo MbekiFransVictoria AzarenkaAkkedisLourierblaarLily CarterKleinkolmuskeljaatkatWhatsAppHoofpynGesinsdagGiovanni di Bicci🡆 More