Hildegard Van Bingen

Hildegard van Bingen (* 1098 in Bermersheim vor der Höhe (die plek van haar doopkerk) of in Niederhosenbach (indertyd die woonplek van haar vader Hildebrecht von Hosenbach); † 17 September 1179 in die klooster Rupertsberg naby Bingen am Rhein) was 'n Benediktynse non, digteres en 'n beduidende universele geleerde van haar tyd.

Sy word in die Rooms-Katolieke Kerk as heilige en kerklerares vereer. Sy word ook in die Anglikaanse en Evangelies-Lutherse Kerk met gedenkdae onthou.

Hildegard van Bingen
Hildegard Van Bingen

Hildegard van Bingen ontvang 'n goddelike inspirasie wat sy op 'n wastafel neerskryf. Haar skrywer transkribeer dit na 'n stuk perkament. Miniatuur uit die Rupertsbergse Codex
Heilige
Gebore 1098, Bermersheim vor der Höhe (die plek van haar doopkerk) of in Niederhosenbach (indertyd die woonplek van haar vader Hildebrecht von Hosenbach, Heilige Romeinse Ryk
Sterfte 17 September 1179, klooster Rupertsberg naby Bingen am Rhein, Heilige Romeinse Ryk
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
(Orde van Sint Benedikt), Anglikaanse Gemeenskap, Lutheranisme
Heiligverklaring 10 Mei 2012 (gelykwaardige kanonisering), Vatikaanstad deur Benedictus XVI
Pelgrimsoord Eibingen-abdy, Duitsland
Feesdag 17 September

Hildegard van Bingen word as die eerste verteenwoordiger van die Christelike Duitse mistiek in die middeleeue beskou. Sy het in haar werke godsdienstige, geneeskundige, musikale, etiese en kosmologiese onderwerpe behandel. Vir baie hoogstaande persoonlikhede was sy 'n gewaardeerde raadgewer. Sy het jare lank 'n omvangryke briefwisseling met baie gevoer wat grotendeels oorgelewer is en waarin sy dikwels hooggeplaastes en magtiges vermaan. Daarnaas het verslae oor haar uitgebreide reise as sielsorger en haar openbare predikwerk bewaar gebly.

Hildegard van BIngen is op 7 Oktober 2012 deur pous Benedictus XVI amptelik benoem as kerklerares (Doctor Ecclesiae universalis) en haar verering uitgebrei tot die wêreldkerk.

Haar relieke word in die parogiekerk te Eibingen bewaar.

Verwysings

Tags:

1098117917 SeptemberAnglikaanse GemeenskapRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tuberkulose2001WikiquoteLys van Afrikaanse skrywersWerkersdagSlawernyDirekte en Indirekte redeGroep TweeGewone slakvreterPersoon (taalkunde)Harvey WeinsteinHomoniemWielGoudPersMaanDikdermApple II-reeksLys van Kaapstad se voorstedeGroot DepressiePlatoKremetartVoedingInsekRookgewoonteMetaalKlereIndustriële RevolusieSpinnekopOos-KaapLys van Suider-Afrikaanse soogdiereNeurenberg-verhoreLettergreepSosiale mediaPeriodieke tabelKaapstadse waterkrisis 2015-2018Liewe HeksieGeskiedenis van Suid-AfrikaKindersiektesAnglo-BoereoorlogWiskundeGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRuan JoshDokterJohn Brown (aktivis)MenseregteKimberleyApartheidPad na jou hartEllipstekenMenslike seksuele gedragAnrich HerbstBeaufortskaalDrake (musikant)KlimaatveranderingManslagKoorsblaarGasSirkelDie GelofteAanhalingstekensVrystaatGriepOppervlakteSeisoenRooms-Katolieke KerkHolocaustKarakteriseringRandall WicombLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LiefdeAl-Masdjid an-NabawiMangelontstekingKennis🡆 More