Hassuna-Beskawing

Die Hassuna-beskawing was ’n Neolitiese beskawing in Noord-Mesopotamië wat dateer van die vroeë 6de millennium v.C.

Dit is genoem na die tipeterrein van die tydperk, Tell Hassuna in Irak. Ander terreine waar Hassuna-materiaal ontdek is, sluit Tell Shemshara in.

Hassuna-beskawing
Die Hassuna-beskawing (liggeel) naas dié van Samarra, Halaf en Obeid.
Die Hassuna-beskawing (liggeel) naas dié van Samarra, Halaf en Obeid.
Streek Mesopotamië
Tydperk Neolitikum
Datums c. 6000 v.C.
Tipeterrein Tell Hassuna
Belangrike terreine Tell Shemshara
Voorafgegaan deur Neolitikum B voor erdeware, Halaf-beskawing
Opgevolg deur Obeid-tydperk

Beskrywing

Teen omstreeks 6000 v.C. het mense na die voorheuwels in die verre noorde van Mesopotamië getrek, waar daar op sommige plekke genoeg reënval vir landbou was. Dit was die eerste boere in die verre noorde. Hulle het pottebakkery beoefen en in klein dorpies van tot 3,2 hektaar gewoon.

By Tell Hassuna is huise met stutmure om oop sentrale pleine gebou, en fyn geverfde potte het vroeër tye se rowwe erdeware vervang. Handbyle, sekels, maalstene, bakoonde en verskeie bene van makgemaakte diere weerspieël ’n landboukultuur. Vrouefigure is met godsdiens verbind en potte wat met kos begrawe is, dui op ’n geloof in ’n hiernamaals. Die verwantskap tussen Hassuna-potte en dié van Jerigo dui daarop dat ’n dorpskultuur algemeen geraak het.

Proto-Hassuna

Die terrein Umm Dabaghiyah in dieselfde streek van Irak bevat vermoedelik van die vroegste erdeware in die gebied en word soms beskryf as ’n "Proto-Hassuna-beskawing". Ander verwante terreine is Sotto, Kul Tepe en Tell Maghzaliyah.

Meer onlangs het die idee van ’n "Pre-Proto-Hassuna"-erdewaretradisie posgevat nadat nog vroeëre erdeware ontdek is. Dit het bestaan omstreeks 7000-6000 v.C., toe daar nog min keramiekartikels was. Potte van ’n soort kalksteenpleister is nog saam met erdeware gebruik.

Artefakte

Verwysings

Skakels

  • Hassuna-Beskawing  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Hassuna-Beskawing BeskrywingHassuna-Beskawing Proto-HassunaHassuna-Beskawing ArtefakteHassuna-Beskawing VerwysingsHassuna-Beskawing SkakelsHassuna-BeskawingIrakMesopotamiëNeolitikum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AprilAgtergrond (narratief)Desmond TutuKarlien van JaarsveldSeisoenOsmoseRenosterKlankverskynselsReddingskake20ste eeuAfrikaanse taalleerTierboskatAnusBerlynse MuurPaulus van TarsusEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaPlaasjapieSeksposisieImpakte van toerismeBloedsomloopstelselJan van RiebeeckNasionale VrouedagBateAkwariumNarsismePlastiekSeksuele penetrasieStedelike hitte-eilandLeestekenSteve HofmeyrOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAvbobWhatsAppMiljardDistillasieAsiëBaarmoederDie Stem van Suid-AfrikaVratSpinnekopSonnestelselPolitieke partyBeroerteAktuarisSkildklierNatuurrampBosluisbytkoorsVeeartsKlavierTarentalePeach van PletzenGordelroosCristiano RonaldoKoedoeSwart nasionalismeGeskiedenis van Suid-AfrikaDieregeluideVoëlInflasieVisVlieg (dier)Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaPersoonlike voornaamwoordVryheidsdagSitrusGasAardverwarmingAfvalbestuurGeldLiewe HeksieMasturbasiePankreasGroepsdrukTelefoonLionel PetersonTier🡆 More