Harry Stratford Caldecott (bekend as Strat Caldecott; 1886–1929) was ’n Suid-Afrikaanse skilder wat sy opleiding in Parys ontvang en ’n voorste eksponent van die Impressionisme geword het.
Hy het landskappe vol lig en atmosfeer geskep. Sy vrou, die Britsgebore Florence Zerffi (1882–1962), was ook ’n gerekende skilder van hoofsaaklik stillewes.
Harry Stratford Caldecott | |
---|---|
Geboortenaam | Harry Stratford Caldecott |
Gebore | 27 Mei 1886 Kimberley |
Sterf | 12 Desember 1929 Wynberg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Veld | Skilder |
Harry Stratford Caldecott is op 27 Mei 1886 in Kimberley gebore. Hy studeer in 1912 aan die Académie Julia in Parys en in 1913 aan die École des Beaux-Arts, onder Gabriel Ferrier, ook in Parys.
Daarna woon en werk hy vir meer as tien jaar in Parys voordat hy hom in 1923 in Suid-Afrika hervestig. Hy het eerstehandse kennis en begrip van Franse Impressionistiese skildertegnieke na Suid-Afrika gebring. Baie van Caldecott se skilderye is egter nie onderteken of gedateer nie.
In 1924 trou hy met die kunstenaar Florence Zerffi. Die egpaar het deur die jare gereeld saam uitgestal, met hul eerste gesamentlike uitstalling in 1925. Hulle style was volkome teenoorgesteld – Zerffi s’n was die resultaat van haar Duitse opleiding, terwyl Caldecott s’n invloede van die Franse skool getoon het.
Caldecott is met kanker gediagnoseer en is op 12 Desember 1929 in Wynberg oorlede. Hy was 43 jaar oud.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Harry Stratford Caldecott, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.