Grotkuns: ’n soort rotskuns wat teen die mure of dak van grotte aangetref word

Grotkuns is ’n soort rotskuns wat teen die mure of dak van grotte aangetref word.

Die term dui gewoonlik op ’n prehistoriese oorsprong, maar grotkuns kan ook onlangse kuns wees: In die Gabarnmunggrot in Noord-Australië is die oudste tekeninge ouer as 28 000 jaar, terwyl die mees onlangse tekeninge minder as ’n eeu gelede gemaak is.

Grotkuns: Ouderdom, Verwysings, Skakels
Grottekeninge in die nasionale park Serra da Capivara, Brasilië.
Grotkuns: Ouderdom, Verwysings, Skakels
Sanrotskuns uit die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Ouderdom

Die oudste bekende grotkuns is meer as 44 000 jaar oud (uit die laat Paleolitikum) en is in Wes-Europa en Indonesië ontdek. Die oudste soort grotkuns is handstensils en eenvoudige geometriese vorms; die oudste onbetwiste voorbeelde van figuratiewe grotkuns is effens jonger, omtrent sowat 35 000 jaar. ’n Studie uit 2018 het beweer die oudste vorm van niefiguratiewe rotskuns in Iberië is 64 000 jaar oud – dit dui daarop dat dit die werk van Neanderdallers eerder as vroeë mense is.

In November 2018 het wetenskaplikes die ontdekking van die oudste bekende figuratiewe tekeninge aangekondig; dit was ouer as 40 000 jaar (dalk tot 52 000 jaar oud) en was van ’n onbekende dier. Dit is op die Indonesiese eiland Borneo ontdek. In Desember 2019 het wetenskaplikes die ontdekking aangekondig van grottekeninge in Sulawesi wat na raming minstens 43 900 jaar oud is en het opgemerk dit is "die oudste uitgebeelde rekord van storievertelling en die vroegste figuratiewe kuns in die wêreld".

Suider-Afrika

Grottekeninge in die Apollo 11-grot in Namibië is na raming sowat 25 500 tot 27 500 jaar gelede gemaak.

In 2011 het argeoloë ’n stuk klip in die Blombosgrot, sowat 300 km oos van Kaapstad aan die Suid-Kaapse kuslyn van Suid-Afrika, tussen ander artefakte ontdek. Ná uitgebreide toetse oor sewe jaar is onthul dat die lyne op die klip van okerkryt met die hand gemaak is en van 73 000 jaar gelede dateer. Dit maak dit die wêreld se oudste bekende rotskuns.

Verwysings

Skakels

  • Grotkuns: Ouderdom, Verwysings, Skakels  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Grotkuns OuderdomGrotkuns VerwysingsGrotkuns SkakelsGrotkunsAustraliëGrotRotskunsVoorgeskiedenis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FabelKopieregBruto binnelandse produkNatuurlike hulpbronInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMigrasie van voëlsSpelerposisies in rugbyPriemgetalJohn Brown (aktivis)Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaLiewe HeksieVarkgriepJuraMag (sosiale wetenskappe)Wiskundige terminologieVingerseksSteenkoolRuslandVolksrepubliek ChinaMIVSmaakSwartbewussynsbewegingHolocaustDiepaartromboseTierVoedselkettingSwitserlandPornografiese subgenres24 AprilAkademiaAborsie in Suid-AfrikaCovid-19-pandemieHerpes simplexNatuurrampJapanHidroulikaVergelykings (taalkunde)BosluisbytkoorsDonderstormWaarheid-en-versoeningskommissieSelfoonKunsmatige algemene intelligensieRomeinse RykBloukraanvoëlJagluiperdAfrikaanse TaalmonumentAnrich HerbstPesachEuropaByWatersuiweringEerste WêreldoorlogHakerAfvalbestuurEskomLeonardo da VinciCristiano RonaldoGordelroosMorfeemRooms-Katolieke KerkBlack SashWoordsoortJudaïsmeJeugdagBesoedelingSinoniemSonkragVlinderDriedimensioneelXhosasHomofoonHindoeïsmeAardverwarmingTydOutisme🡆 More