Die grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika.
In Engels staan die vis bekend as die largemouth yellowfish.
Grootbek-geelvis | |
---|---|
Hierdie is 'n foto van die amptelike Suid-Afrikaanse Grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) ope rekord van 22.2 Kg, wat gevang is deur Mev. Ina du Plessis (regs) in Vaaldam | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. kimberleyensis |
Binomiale naam | |
Labeobarbus kimberleyensis (Gilchrist & W. W. Thompson, 1913) | |
Sinonieme | |
Barbus kimberleyensis Gilchrist & Thompson, 1913 |
Die vis is lank en silwerkleurig wanneer dit jonk is en word olyfkleurig soos hy verouder. Die vis kan tot 80 cm lank word en weeg dan 22 kg. Dit het 'n groot bek met twee paar baarde onderaan. Die wyfie word groter en leef langer as die mannetjie. Dit is die grootste van die inheemse geskubde visse in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 22.2 kg.
Die vis leef in die Oranje- en Vaalrivier opvanggebied, is 'n roofvis en eet klein vissies, insekte en skulpvis. Die vis groei stadig en die mannetjie bereik volwassenheid wanneer hy ses jaar oud word en die wyfie eers op agt jaar. Die wyfie lê haar eiers gedurende die somer op gruisbeddings in vinnig vloeiende riviere. Die larwes broei uit na 2-3 en begin vreet na 3 -4 dae. Hulle is 100 mm lank na twee jaar en 300 mm na vyf jaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Grootbek-geelvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.