Asrivier: Rivier in Suid-Afrika

Die Asrivier is 'n sytak van die Liebenbergsvleirivier in die oos-Vrystaat, Suid-Afrika.

Sedert 1968 word dit deur die Sol Plaatjedam opgedam by die samevloeiing met die Liebenbergsvlei, net oos van Bethlehem. Dit ontspring wes van Clarens, sowat 35 km suidoos van Bethlehem, aan die noordhang van Drie Susters (2 331 m) in die Rooiberge. Die sterkvloeiende rivier was voor die oopstel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek se leweringstonnel in 1998, net 'n klein spruitjie.

Asrivier
Asrivier naby Sol Plaatjedam, Bethlehem
Asrivier naby Sol Plaatjedam, Bethlehem
Asrivier naby Sol Plaatjedam, Bethlehem
Stroomgebied Vrystaat
Hoofrivier Liebenbergsvleirivier
Oorsprong Noordhange van Rooiberge naby Clarens
Sytak -regs Kroonspruit
Monding Sol Plaatjedam
Lengte c. 50 km
Oorsprong-hoogte 2 160 m
Monding-hoogte 1 630 m
Ligging van Asrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Asrivier
Asrivier
Koördinate: 28°16′36″S 28°22′22″O / 28.27667°S 28.37278°O / -28.27667; 28.37278 28°22′22″O / 28.27667°S 28.37278°O / -28.27667; 28.37278

Watervoorsiening

Asrivier: Watervoorsiening, Kragopwekking, Ekologiese impak 
Die Asrivieruitval van die Lesotho-Hoogland-waterprojek, 9 km noord van Clarens, is in 1998 geopen.

Die Asrivier is een van die afsetpunte van die Lesotho-Hoogland-waterprojek, 18 kubieke meter water per sekonde word vrygestel (2004), en die vloei van die rivier is gevolglik nie meer seisoenaal wisselend nie. Die aanbou van die Stortemelkdam, stroomaf van die uitval, was een van die maatreëls wat die destydse Departement van Waterwese getref het om watervloei te bestendig en erosie te beperk. Tot en met 2004 is vier keerwalle opgerig.

Kragopwekking

Die installering van twee privaat-ontwikkelde wateraangedrewe kragopwekkers, die Sol Plaatje en Merino, is in onderskeidelik 2009 en 2012 van stapel gestuur, en voorsien in totaal 7 MW aan die kragnetwerk. Die geoutomatiseerde Stortemelk-hidrokragopwekkingsprojek by die Botterkloofdam lewer 'n verdere 4,4 MW teen 'n lae bedryfskoste aan die netwerk sedert dit in Julie 2016 in werking gestel is.

Ekologiese impak

Die oopstelling van die noordelike leweringstonnel in 1998 het fisiese en chemiese veranderinge aan die rivier meegebring, weens die toename in watervolume, daling in watertemperatuur, erosie van die riviervoering, en grootskaalse slikneerslae in die Saulspoortdam. Bevolkings van sleutel-indikatorspesies soos die kleinbek- en grootbek-geelvis het gedaal, en sewe van die rivier se nege vissoorte het uit die nabye van die uitval verdwyn. Vestiging van ongewerweldes was eers etlike kilometer stroomaf waarneembaar, en die keerwalle was oneffektief tydens vrystelling van hoë volumes water. Ten spyte van die hoeveelheid beskikbare rivierhabitat bly die bevolking van akwatiese organismes beperk weens vertroebelde water, lae watertemperatuur en die potensiaal vir erosie.

Etimologie

Alhoewel dit dikwels in Engels vertaal word as die "Ash River", het die rivier sy naam te danke aan 'n insident waar 'n wa-as in die omgewing van die rivier sou gebreek het. Gevolglik sou "Axle River" 'n meer gepaste vertaling wees.

Verwysings

Tags:

Asrivier WatervoorsieningAsrivier KragopwekkingAsrivier Ekologiese impakAsrivier EtimologieAsrivier VerwysingsAsrivierBethlehem, VrystaatClarens, VrystaatDrie Susters (Vrystaat)Lesotho-Hoogland-waterprojekLiebenbergsvleirivierRooibergeSol PlaatjedamSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SweedsAngolese BurgeroorlogTierSosiale mediaOlifantBrandstofBrandmondsindroomTsoenamiXHTMLSkaapKletsrymKoos du PlessisBalletArabiesFabelTikTokJode in Suid-AfrikaAntoniemOopbroninhoudBuffelDemi Lee MooreSpeelkaartJazzVolksrepubliek ChinaKoos BekkerTswanaPaarl GimnasiumHemelvaartKarpaletonnelsindroomPersTrigeminale neuralgieKangogrotteVulvaGrootste rampe in Suid-AfrikaVoyeurismeVoëlLionel MessiInfeksieMenslike skeletSoweto-opstandDinosourusTrekarbeidSpinnekopKapitalismeOu Apostoliese KerkAtleetvoetKokerboomDieregeluideSeksuele penetrasieMeervoudKalenderDermpoliepPriemgetalWêreld- Ekonomiese ForumJuraWaterstofKaapse VlakteVoorsetselKoerantJan-Willem BreureVerlede tydVergelykings (taalkunde)SonkragPolisieGoogleChatGPTOlimpiese SomerspeleAsiëWet op NaturellengrondSpringbokkeVleilandEendbekdierEngelsSwartrenosterHolocaustEugenetika🡆 More