Die Departement van Water en Sanitasie is 'n departement van die Regering van Suid-Afrika verantwoordelik vir watervoorsiening, bou en instandhouding van damme, asook die handhawing van waterkwaliteit in Suid-Afrika.
Die departement is in 2009 geskep (slegs as "Waterwese") na die verkiesing van president Jacob Zuma, toe die voormalige Departement van Waterwese en Bosbou onderverdeel is. Dit het in Mei 2014 die Departement van Water en Sanitasie geword.
Die politiese hoof van die departement is die Minister van Water en Sanitasie. Vanaf Augustus 2021 beklee Senzo Mchunu die posisie. Die departement se hoofkantoor is in Francis Baardstraat 185 (voorheen Pretoriusstraat), Pretoria.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Departement van Water en Sanitasie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.