Die Wilgerivier (Engels: Wilge River) is 'n sytak van die Vaalrivier.
Dit ontspring noord van Hamilton in die Oos-Vrystaat op die grens met KwaZulu-Natal. Dit vloei dan in 'n suidwestelike rigting, verby Hamilton, verby die De Beerspas en kruis dan die N3 nasionale pad by Swinburne. Nou vloei die rivier weswaarts en swaai dan noordwes. Die rivier vloei dan aan die westekant van Harrismith verby.
Wilgerivier | |
---|---|
Die Wilgerivier by Harrismith. | |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Oorsprong | Drakensberge |
Sytak -links | Nuwejaarspruit, Liebenbergsvlei |
Sytak -regs | Meulrivier, Cornelisrivier |
Monding | Vaaldam |
Oorsprong-hoogte | 2 040 m (6 693 voet) |
Monding-hoogte | 1 499 m (4 918 voet) |
Koördinate: 27°8′30″S 28°23′6″O / 27.14167°S 28.38500°O 28°23′6″O / 27.14167°S 28.38500°O |
Net voor Harrismith sluit die Nuwejaarspruit by die Wilgerivier aan. Vanaf Harrismith vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting en gaan verby Frankfort. Net voor Frankfort sluit die Liebenbergsvlei by die Wilgerivier aan. Die rivier vloei verder af in die Vaaldam.
Die rivier is bekend onder hengelaars vir sy grootbek-geelvis.
Die Wilgerivier is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek. Water word uit die Sterkfonteindam losgelaat in die Nuwejaarspruit om via die Wilgerivier na die Vaaldam te vloei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wilgerivier (Vaal), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.