Die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk (Georgies: საქართველოს სამოციქულო ავტოკეფალური მართლმადიდებელი ეკლესია, sak’art’velos samots’ik’ulo avtokep’aluri mart’lmadidebeli eklesia) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk en is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke.
Die primaat van die kerk het die titel Sy Heiligheid en Saligheid Katolikos-patriarg van die Hele Georgië, die Aartsbiskop van Mtskheta-Tbilisi en Metropoliese Biskop van Abchasië en Pitsoenda.
Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk | ||
Die Glorie van Iwerië, ’n ikoon wat die stigting van die Georgies-Ortodokse Kerk voorstel. Iwerië is ’n ou naam vir Georgië wat dikwels in die Kerk gebruik word. | ||
Moederkerk | Patriargaat van Antiogië | |
Stigtingsjaar | 486 | |
Stigter | Nina van Georgië | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Ilia II | |
Hoof se titel | Sy Heiligheid en Saligheid Katolikos-patriarg van die Hele Georgië, die Aartsbiskop van Mtskheta-Tbilisi en Metropoliese Biskop van Abchasië en Pitsoenda | |
Setel | Tbilisi, Georgië | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Georgies | |
Kalender | Juliaans | |
Gelowiges | 3,5 miljoen | |
Bisdomme | 35 | |
Webtuiste | ||
http://www.patriarchate.ge |
Georgiese Ortodoksie is sedert die 4de eeu die staatsgodsdiens van Georgië en dit is steeds die land se grootste godsdiensinstelling. Die grondwet erken die besonderse rol van die Kerk in die land se geskiedenis, maar bepaal dat die Kerk onafhanklik van die staat is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.