George Bartlett: Suid-Afrikaanse politikus

George Shepstone Bartlett (gebore op 14 Maart 1931 in Port Shepstone, Natal, oorlede op 25 Maart 2010) was 'n Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus.

George Bartlett was opeenvolgend lid van die Verenigde Party (1974-1977), die Nuwe Republikeinse Party (1977-1984) en toe van die Nasionale Party (1984-1997). Hy was die Nasionale Minister van Vervoer, Openbare Werke en Grondsake (1989-1991), en laastens van Mynwese en Energie (1991-1994) in die kabinet van F.W. de Klerk. Hierna was hy lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer (1994-1998), waartydens hy die L.U.K. vir landbou was (1994-1996).

Lewensloop

George Bartlett is in Port Shepstone in die Natalprovinsie gebore en het skoolgegaan in Pietermaritzburg. Na hy matrikuleer het, studeer hy landbou-ingenieurswese in Suid-Afrika en aan die Universiteit van Toronto in Kanada (1955-1957). Hy bekom sy eerste werk as 'n hidrouliese ingenieur vir die Ontario Ministerie van Ontwikkeling, waarna hy in 1959 na Suid-Afrika terugkeer om 'n suikerrietplantasie in Natal te bestuur.

Politiek

Nadat hy 'n direkteur van Illovo Sugar Estates Natal (1969-1974) was, het hy 'n politieke loopbaan begin en is hy verkies tot verteenwoordiger vir die kiesafdeling Amanzimtoti (1974-1994) onder die vaandel van die Verenigde Party (opposisie). Na die ontbinding van laasgenoemde in 1977 sluit hy hom aan by die Nuwe Republikeinse Party, die politieke erfgenaam van die Verenigde Party. In 1984 sluit hy aan by die regerende Nasionale Party en word partyleier van die provinsiale tak in Natal (1989-1994).

Bartlett was adjunkminister van Ekonomiese Sake en Tegnologie (1986-1989) in die P.W. Botha-regering, daarna was hy Minister van Vervoer, Openbare Werke en Grondsake (1989-1991), en laastens Minister van Mynbou en Energie (1991-1994) in die kabinet van F.W. de Klerk.

Hy sterf in Maart 2010 op die ouderdom van 79 aan kanker.

Tags:

19312010PolitikusPort ShepstoneSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PornhubBreinVyfsterSonsteekTweede VryheidsoorlogVThys die BosveldklongTonteldoosOekraïne29 AprilMIV/vigs in Suid-AfrikaDuitslandHeks van HexrivierCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMisdaadAlan RickmanAarverkalkingBraaiSemenEskomDigitale objek-identifiseerderHartversakingPerineumLyfstraf in skoleSwartbewussynsbewegingGeografie van Suid-AfrikaAustraliëKlitorisAssiriëPegasus-projekVulvaAfrikaanse taalleerAtoomSeksuele omgangKleinkolmuskeljaatkatGesondheidsbeleidPersentasie13 Junie2022AfghanistanSpierLys van Afrikaanse rolprenteAfrikaansHoër Landbouskool BolandVolhoubaarheidSaraikiAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidRussiese inval in Oekraïne, sedert 2022ChatGPTSuikersiekteIslamJohan BadenhorstLettergreepStikstofOttomaanse RykJeugdagElzette MaarschalkSarah Baartman-distriksmunisipaliteitDolfynSeekatEekhoringBNatalie du ToitTolla van der MerweRobert SobukweGeskiedenis van die KaapkolonieBoerperdGeldSkaakLa NiñaKunsOpstand in die Warskou-ghettoMetaalSmall HandsLys van kinderspeletjiesRegLeukemie🡆 More