Geen Ware Skot

Geen ware Skot, of 'n beroep op suiwerheid, is 'n informele dwaling waarin 'n mens probeer om 'n universele veralgemening teen teenvoorbeelde te beskerm deur die definisie op 'n onbeplande manier te verander om die teenvoorbeeld uit te sluit.

Eerder as om die teenvoorbeeld te ontken of die oorspronklike eis te verwerp, verander hierdie dwaling die onderwerp van die bewering om die spesifieke saak of ander daarvan deur retoriek uit te sluit, sonder verwysing na enige spesifieke objektiewe reël: "geen ware Skot sou so iets doen nie". Dit wil sê, diegene wat daardie aksie uitvoer is nie deel van ons groep nie en kritiek op die aksie is dus nie kritiek op die groep nie.

Die inleiding van die term word toegeskryf aan die Britse filosoof Antony Flew, omdat die term oorspronklik in Flew se boek An Introduction to Western Philosophy uit 1971 verskyn het.

Voorbelde

Die gewone vorm van die argument loop so:

    Persoon A: "Geen Skot sit suiker op sy pap nie."
    Persoon B: "Maar my oom is 'n Skot en hy sit suiker op sy pap."
    Persoon A: "Maar geen ware Skot sit suiker op sy pap nie."

en:

    Persoon A: "Geen Christelike priester sou 'n kind mishandel nie."
    Persoon B: "Katolieke priesters het kinders gemolesteer."
    Persoon A: "Maar Katolieke is nie ware Christene nie."

Teenvoorbeeld

Argumente van hierdie aard is nie noodwendig altyd verkeerd nie. Byvoorbeeld:

    Persoon A: "Geen pasifis steek mense dood nie."
    Persoon B: "Ek ken een wat 'n paar mense doodgesteek het."
    Persoon A: "Die man was nie 'n regte pasifis nie."

Die vorm van die argument is die selfde as dié van die dwaling maar die logiese gevolgtrekking is geldig.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Geen Ware Skot VoorbeldeGeen Ware Skot TeenvoorbeeldGeen Ware Skot VerwysingsGeen Ware Skot Eksterne skakelsGeen Ware Skot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TermietPomeloVier temperamenteWolmaransstadKoringParlement van Suid-AfrikaWerwelkolomOutismeAndré SchwartzSmolenskNierVoedingErica BoyerMensVolumeKleurBlaarAnneli van RooyenPaulus van TarsusMeervoudMangaanKindermishandelingLys van myne in Suid-AfrikaWynand du ToitSeksismeNarkoseBruto binnelandse produkNederlandHemelvaartMisdaadBloedgroepGevlekte muisvoëlHadjNomina sacraLys van landeSaartjie BaartmanPornografieVlag van Suid-AfrikaVratIslamitiese mitologieHadedaStaalEkonomie van Suid-AfrikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaWaterkringloopSoogdierVolstruisRuslandKriekPseudowetenskapNierversakingAkademiaVlinderDigvormEuropese verkenning van Suid-AfrikaKolonoskopieBysteekPlatoKlimaatveranderingSuid-AfrikaGoogleHarvey WeinsteinViëtnamoorlogTsongaVoornaamwoordAnglo-BoereoorlogVitamien DSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMaatskaplike verantwoordelikheidKasterolieBeaufortskaalDikdermThys die Bosveldklong🡆 More