El Segundo

El Segundo (Die Tweede in Spaans; amptelik City of El Segundo) is 'n stad volgens algemene reg in die distrik Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State, geleë langs die Santa Monica-baai en net suid van Los Angeles se lughawe (LAX).

El Segundo is op 18 Januarie 1917 geïnkorporeer en maak administratief deel uit van die South Bay Cities Council of Governments. Die stad se bevolking is in die sensus van 2010 as 16 654 bepaal.

City of El Segundo
El Segundo

Kaart Seël
El Segundo
El Segundo
Vlag
El Segundo
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat El Segundo Kalifornië
 County El Segundo Los Angeles
 Koördinate 33°55′17″N 118°24′22″W / 33.92139°N 118.40611°W / 33.92139; -118.40611
 Stigting 1911
 Geïnkorporeer op 18 Januarie 1917
 Oppervlakte:  
 - Totaal 14,15 vk km
 Hoogte bo seevlak 35 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 16 654
 - Bevolkingsdigtheid 1193,9/vk km
 Tydsone PST (UTC -8)
 Somertyd PDT (UTC -7)
 Burgemeester Drew Boyles
 Amptelike Webwerf elsegundo.org

Die nedersetting het sy ontstaan aan Standard Oil se olieraffinadery te danke wat hier in 1911 gevestig is nadat die onderneming se bestaande raffinadery in Richmond, 600 myl verder noord in die San Franciscobaai-gebied, sy maksimum-kapasiteit bereik het. Dit is tans die grootse olieraffinadery langs die Amerikaanse weskus wat deur Chevron, een van die opvolgers van die oorspronklike Standard Oil, bedryf word.

Sowat 'n kwart van die stad se totale oppervlakte van byna 5,5 vierkante myl - meer as 800 akkers - word deur die raffinadery beslaan wat 'n vyfde van Suid-Kalifornië se petrol asook keroseen (stralerenjinbrandstof) vervaardig. Die keroseen word ondergronds per pyplyn na die lughawe gepomp.

Geskiedenis

Omstreeks 1910 het motorverkope in Kalifornië en elders in die Verenigde State vinnig gegroei en die vraag na petrol sterk laat toeneem. Standard Oil het aan Richard J. Hanna die opdrag gegee om 'n geskikte perseel in die Suid-Kaliforniese afsetgebied te vind wat groot genoeg sou wees vir die oprigting van 'n nuwe raffinadery en stoortenks. Op 11 Junie 1911 het Standard Oil 842 akkers se grond naby enkele sandduine gekoop waar 'n plaaslike boer, Frank Bennett, meloene en limabone verbou het. Hanna is belas met die boubedrywighede vir die nuwe raffinadery en die bestuur daarvan. Volgens oorlewering het Hanna se vrou voorgestel om die plek El Segundo te noem aangesien die nuwe raffinadery Standard Oil se tweede aanleg in Kalifornië sou wees. Sowat 500 muildiere is ingespan om die sandduinterrein te vereffen voordat bouwerk kon begin.

Tegelykertyd is voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van 'n nuwe nedersetting waar raffinadery-werkers gehuisves kon word, met alle benodigde infrastruktuurgeriewe. Die nuutgestigte El Segundo Land and Improvement Company het hiervoor op 1 Julie 1911 1 470 akkers se grond van ene J.S. Vosberg gekoop. Die plaaslike dagblad El Segundo Herald het in sy eerste uitgawe, wat op 12 Oktober in dieselfde jaar verskyn het, na die noodsaaklikheid verwys om die nuwe nedersetting vinnig te bou. Die nuwe nedersetting het langs Ballona-laan (tans El Segundo Boulevard) en Richmond-straat ontstaan. Op dié tydstip was daar reeds 'n vleismark, twee sigaarwinkels, twee haarkappersalonne, drie koshuise, twee restaurante, 'n hotel, 'n loodgietery, twee houtwerkswinkels, 'n bordskildery, 'n kruidenierswinkel en 'n algemene handelswinkel.

Verwysings

Tags:

KaliforniëLos Angeles CountyLos Angeles Internasionale LughaweSpaansVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carles PuigdemontRegGenadedoodSeksuele opwekkingVaste stofMuishondVoedingKinderregteDuitsEkonomieErektiele disfunksieNatuurrampBesoedelingErica BoyerKilometerDiplopodaDermpoliepBergRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Impakte van toerismeMaagChristeneSiya KolisiMandalaHolocaustMisdaadromanSelfie25 AprilEkonomiese sektorSokkerDiepaartromboseOsoonuitputtingPirow BekkerKindermishandelingSlag van Cuito CuanavaleMiskruierKasterolieRassisme in AfrikaHoofletterAardbewingGroenMierHeidelberg, GautengLettergreepSpringbokDonderstormDoelwitAktuarisOnderhandelinge om apartheid te beëindigSkooluniformArmoedeDundermLandbouHidroëlektrisiteitSonkragAtoomEben EtzebethGewone breukeAntoniemDemokrasieJode in Suid-AfrikaKoppeltekenWaarheid-en-versoeningskommissieSeksuele stimulasieFanie ViljoenVerenigde State van AmerikaNamibiëTafelbergAspoestertjieKolonisasieOntwikkelde landOmtrek, oppervlakte en volumePalestyneWaterbesoedelingFrankrykGrond🡆 More