Suid-Kalifornië

Suid-Kalifornië (Engels: Southern California, dikwels afgekort tot SoCal) is 'n geografiese en kulturele streek wat in die algemeen die Amerikaanse deelstaat Kalifornië se agt of tien mees suidelike distrikte (counties) behels, afhangende van die definisie.

Suid-Kalifornië
'n Nagtelike lugfoto van Los Angeles
Suid-Kalifornië
Collage van Suid-Kalifornië
Suid-Kalifornië
Kaart van Suid-Kalifornië

Volgens demografiese besonderhede en ekonomiese bande word na die streek ook dikwels verwys as die "agt distrikte" (eight counties): Imperial, Los Angeles, Orange, Riverside, San Bernardino, San Diego, Santa Barbara en Ventura. Die meer uitgebreide definisie met tien distrikte sluit daarnaas ook Kern en San Luis Obispo in en is gegrond op historiese politieke indelings.

Die definisies met agt of tien distrikte is nie van toepassing op die groter Suid-Kaliforniese Megastreek (Southern California Megaregion) nie, een van elf megastreke in die Verenigde State wat tot buite die deelstaat Kalifornië strek – ooswaarts tot Las Vegas in Nevada en suidwaarts anderkant die grens met Meksiko tot Tijuana. Andersins word die streek in die ooste deur die Colorado-woestyn en -rivier naby die grens met die deelstaat Arizona en die Mojave-woestyn naby die grens met Nevada asook die Amerikaans-Meksikaanse grens in die suide begrens.

Suid-Kalifornië is een van die vernaamste ekonomiese spilpunte in Kalifornië en die VSA. Dit sluit 'n dig beboude gebied langs die kusgebied van die Stille Oseaan in wat vanaf Ventura na Groter Los Angeles en die Inland Empire en verder suidwaarts tot Groter San Diego strek. Met meer as 22 miljoen inwoners huisves die streek byna twee derdes van Kalifornië se totale bevolking. Sewe metropolitaanse gebiede is in Suid-Kalifornië geleë: Die metropolitaanse gebied van Los Angeles met twee distrikte, Los Angeles County en Orange County; die Inland Empire met die distrikte Riverside en San Bernardino; die metropolitaanse gebied van San Diego; die metropolitaanse gebied van Oxnard–Thousand Oaks–Ventura; die Santa Barbara-metrogebied; die metropolitaanse gebied van San Luis Obispo; en die El Centro-gebied.

Die vyf distrikte van Los Angeles, Orange, Riverside, San Bernardino en Ventura word vir sensusdoeleindes as een metropolitaanse gebied getel, die Groter Los Angeles-gebied (Greater Los Angeles Area) met 'n bevolking van 17,5 miljoen.

Met sommige van die Verenigde State se grootste seehawens is die ekonomie van Suid-Kalifornië nou verbind met logistiek en goederevervoer. Die uitbou van die plaaslike infrastruktuur is daarop gerig om die streek se leidende rol as poort tot die Verenigde State en die Stille Oseaan-gebied te bevestig.

Verwysings

Eksterne skakels

    Geologie

Tags:

EngelsKaliforniëVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cyril Ramaphosa2024 Australiese Grand PrixPsigopatieDroogteNazi-DuitslandSean CombsMusieksimboleErica BoyerBelgiëHartSemenKnopiespinnekopBakterieVolhoubaarheidJan van RiebeeckOrgaanErica RhodesBrasiliëTandbederfNatuurlike satelliete van kleinplaneteAnnelize van der RystGhana2024 Japannese Grand PrixKoedoeDrie SusterskerkeAardverwarmingAfkortingKlein vyf diereSeksualiteitPalmsondagFacebookOlifantNierversakingDemi Lee MooreCarles PuigdemontGalblaasAfrikaSamestellingVingerseksFrankrykHemelvaartsdagKonjunktivitisAfghanistanWladimir PoetinLys van Joodse feeste en herdenkingsLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaOrtopedieLuiperdBorsklierLewerLys van ingelyfde NG gemeentesSesnasies-toernooiBybelvertalingHoofpynHernubare energieSuikersiekteLys van nedersettings in Suid-AfrikaAsmaIranRacheltjie de BeerVerkleinwoordArabiesMenseregtedagBruin huisslangKunsmatige intelligensieSuider-AfrikaPoleMolotofbomWynsteenEjakulasieOnderwysLugbesoedeling🡆 More