Surveyor 1: Onbemande ruimtetuig

Surveyor 1 was die eerste onbemande ruimtetuig wat as deel van NASA se Surveyor-program 'n sagte landing op die Maan gemaak het.

Die ruimtetuig het data oor die maan se oppervlakte versamel wat benodig was vir die bemande Apollo maanlandings wat in 1969 begin het. Die suksesvolle sagte landing van Surveyor 1 was die eerste Amerikaanse ruimtetuig wat op enige hemelliggaam geland het,met die eerste probeerslag en slegs vier maande na die landing van die Sowjetunie se Loena 9 op die maan.

Surveyor 1: Onbemande ruimtetuig
'n Surveyor-maanlander op Aarde

Surveyor 1 is gelanseer op 30 Mei 1966 vanaf Kaap Canaveral, Florida en het op die maan geland op 2 Junie 1966. Die ruimtetuig het 11 237 foto's van die maan se oppervlakte na die Aarde gestuur deur middel van 'n televisiekamera en gesofistikeerde radio-telemetriestelsel.

Die Surveyor-program was bestuur deur die Jet Propulsion Laboratory in Los Angeles County, Kalifornië maar die ruimtetuig is ontwerp deur Gary Mizuhara van Electrical Optical Systems en gebou deur die Hughes Aircraft Company in El Segundo, Kalifornië.

Verwysings

Tags:

Apollo-programHemelliggaamMaanNASASurveyor-program

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carike KeuzenkampBraaiHomoniemVulvaOnderhoudArthur GrumiauxJode in Suid-AfrikaPersMagsverheffingN.P. van Wyk LouwProstaatklierChris HaniVars waterAkroniemSkildklierNaaldekokerErfenisdag (Suid-Afrika)SeksposisieVeeartsKlereMadison IvyMierYsterJansenvilleLandbouBrittany Ashton HolmesRob HersovKaapse florarykOrrelKlinkerAbstraksie (rekenaarwetenskap)HandbalLys van Afrikaanse skrywersMiteRassismeUniegebouGeskiedenis van Suid-AfrikaRefentse MorakeSkoolNatuurrampBelgiëSamestellingLeesMonopoliePornografiese akteurJakkalsMassaKindersiektesDuitse maselsGroot Muur van ChinaTeam Fortress 2KasterolieGedigUnited Democratic FrontVoortrekkermonumentMiskruierOssewaSlangWayde van NiekerkPerdVryheidsdagOlimpiese Somerspele 2024DansMondSteenkoolBoor (element)FacebookNiersteenDricus du PlessisVerkleinwoordNasiebouViëtnamoorlogOlifantRivier2001DonkieFinale Oplossing🡆 More