Coracias

Coracias is 'n Ouwêreldse genus van voëls in die familie van troupante (Coraciidae).

Hulle is tuis in boom- en bosveld en is kleurryk geveerd, met blou en bruin as die oorheersende kleure. Hul prooi is ongewerweldes en insekte wat hulle op die grond, in bome of in vlug vang nadat die omgewing van 'n wagpos af bespied is. Die twee buitenste voortone van elke poot is by die basis aan mekaar verbind.

Coracias
Coracias
'n Volwasse Europese troupant (Coracias garrulus) in Spanje met honderdpoot-prooi
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Coracias

Linnaeus, 1758
Spesies

8, sien teks

Sinonieme

Galgulus Brisson, 1760

Taksonomie

Coracias 
Linkerpoot van die Indiese troupant (C. benghalensis). Let op die twee buitetone wat aan mekaar geheg is.

Die genus Coracias is in 1758 deur die Sweedse natuurkundige Carl Linnaeus in die tiende uitgawe van sy Systema Naturae ingevoer. Die genusnaam kom uit Grieks korakías (κορακίας), wat heenwys op korax (κόραξ, ‘raaf, kraai’). Aristoteles het die korakias beskryf as 'n voël van kraaigrootte met 'n rooi snawel, wat volgens sommige die Alpekraai (genus Pyrrhocorax) kan wees. Die tipespesie is in 1855 deur G.R. Gray aangedui as die Europese troupant (Coracias garrulus). Die filogenetiese verwantskappe tussen die spesies is in 'n molekulêre studie van 2018 uiteengesit.

Spesies

Die volgende spesies behoort aan die genus:

  • Coracias cyanogaster — Bloupenstroupant
  • Coracias naevius — Groottroupant
  • Coracias spatulatus — Spatelsterttroupant
  • Coracias caudatus — Gewone troupant
  • Coracias abyssinicus — Saheltroupant
  • Coracias garrulus — Europese troupant
  • Coracias benghalensis — Indiese troupant
  • Coracias affinis — Birmaanse troupant
  • Coracias temminckii — Sulawesitroupant

Sien ook

Bron

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpinnekopMalariaWieg van die MensdomChemiese elementSkaapWaarheid-en-versoeningskommissieWortelkanaalJacques LootsAs jy singGoogleCarike KeuzenkampCristiano RonaldoKlimaatveranderingWeer (meteorologie)PenisAngssteuringMaatskaplike verantwoordelikheidOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKrimpvarkieJudaïsmeVisFabelVrye FranseBybelArabiesKorrupsieOntwikkelende landLys van Afrika-landeOngeprosesseerde kosWaterstofLemoenVlieg (dier)ErfenisGeestesteuringSteve HofmeyrKaartKersfeesVerstedelikingMuskietPeriodieke tabelDiskriminasieMisdaadromanAfrikaansMuishondVloeistofKommaEkostelselJohannesburgWitstinkhoutWiskundige terminologieOorstromingDierDrinkwatervoorsieningNazi-DuitslandWêreld- Ekonomiese ForumMenslike seksuele gedragFransTafelbergPseudowetenskapKlimaatsverandering in AfrikaOutismeKragopwekkingHidroëlektrisiteitAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHulpwerkwoordg8ftoVliegtuigBloemfonteinAngina pectorisNarsismeMaanAvbobLys van Griekse mitologiese figureGeskiedenis (vakgebied)🡆 More