Systema Naturae

Die boek Systema Naturae was een van die belangrikste werke van die Sweedse botanikus, dierkundige en geneeskundige Carolus Linnaeus.

Die boek se volledige titel is Systema naturae per regna tria naturae, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis, of in Afrikaans: "Stelsel van natuur deur die drie koninkryke van natuur, volgens klasse, ordes, genera en spesies, met [generiese] karakters, [spesifieke] verskille, sinonieme, plekke".

Systema Naturae
Die voorblad van die tiende uitgawe van Linnaeus se Systema Naturae (1758).
Systema Naturae
Linnaeus se tabel van die diereryk uit die eerste uitgawe van Systema Naturae (1735).

Publikasie

In 1735 is 'n boek in Nederland gepubliseer wat deur die jong Sweedse plantkundige Carolus Linnaeus geskryf is. Dit was in Latyn en die titel, Systema Naturae, het getoon waaroor dit gegaan het. Dit was 'n poging om die verskillende vorms van lewe op aarde op ordelike wyse te klassifiseer.

Dit was meer gevorderd as enigiets wat voorheen in hierdie verband verskyn het. Mense het selfs gedink dit is die resultaat van 'n leeftyd van navorsing. In werklikheid was die skrywer toe maar net 28 jaar oud.

Hy het sy werk in verband met die klassifikasie van plante en diere sy lewe lank voortgesit en het talle werke oor die plantkunde, dierkunde en ander wetenskappe gepubliseer.

Die Systema Naturae is telkemale hersien en het uiteindelik tien uitgawes gehad. Dit word as sy belangrikste werk beskou.

Die tiende uitgawe word ook as die beginpunt van dierkundige terminologie beskou.

Verwysings

Bronnelys

Tags:

Carolus LinnaeusSwede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IronieWikimedia-stigtingKlem-in-die-kaakKappie (skryfteken)Vlekvrye staalCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBevolkingRosa ParksSeekoeiJohannes MeintjesKlein-KarooKoppeltekenAssonansieMenstruasieVarkSeksueel oordraagbare infeksieOnomatopeeSeksualiteitWiskundige terminologiePerdMoslemKoolhidraatMaselsTierVerenigde KoninkrykKolonoskopieErfenisRacheltjie de BeerProvinsies van Suid-AfrikaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOu Apostoliese KerkWêreld- Ekonomiese ForumVormMiddeloorontstekingPinksterVerkleurmannetjieGenadedoodGeografie van Suid-AfrikaVaginaLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMorfeemHomofoonVryheidsdagVerantwoordelikheidCheslin KolbeLidwoordMark (ekonomie)Westerse filosofieMieliestronkKarakteriseringMierBynierSwart menseInfeksieMaanCounter-Strike 2SydneyWoordeskatHulpwerkwoordSteenkoolWêreldwye webDesimale breukeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKleurVarkgriepDwelmmiddelJacques LootsAngina pectorisInsekGeboorteEerste WêreldoorlogEmfiseemBipolêre gemoedsteuringAngolese BurgeroorlogWright-broersDrakensbergeVersamelnaamWeervoorspelling🡆 More