Christiaan V (15 April 1646 - 25 Augustus 1699) was van 1670 tot met sy dood in 1699 koning van Denemarke en Noorweë.
Christiaan V | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Tydperk | 9 Februarie 1670 - 25 Augustus 1699 |
Voorganger | Frederik III |
Opvolger | Frederik IV |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Charlotte Amalie van Hesse-Kassel |
Vader | Frederik III |
Moeder | Sophie Amalie van Brunswyk-Lüneburg |
Gebore | 15 April 1646, Flensburg |
Oorlede | 25 Augustus 1699 (op 53), Kopenhagen |
Hy was gewild by die gewone volk en is die eerste koning wat as absolute monarg gekroon is nadat dié soort monargie deur sy pa ingestel is. Hy het die absolutisme uitgebrei deur sy pa se praktyk te versnel om Holstein-adellikes en Deense burgers in die staatsdiens aan te stel.
As koning wou hy sy mag as absolute monarg deur argitektuur wys, en hy het gedroom van ’n Deense Versailles-paleis. Sy leuse was Pietate et justitia ("Met eerbied en regverdigheid").
Christiaan V het die Danske Lov (die Deense Kode) in 1683 ingestel, die eerste regskode vir die hele Denemarke. Dit is opgevolg deur die soortgelyke Norske Lov (die Noorse Kode) van 1687. Hy het ook die landsregister van 1688 ingestel, waarmee probeer is om die grondwaarde van die verenigde koninkryk uit te werk sodat belasting regverdiger kan wees.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Christiaan V van Denemarke, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.