Cesária Évora: Volksangeres van Kaap Verde (1941-2011)

Cesária Évora ook bekend as Cize, (Mindelo, 27 Augustus 1941 - São Vicente, 17 Desember 2011) was 'n volksangeres van Kaap Verde.

Sy was bekend as die 'kaalvoet-diva' omdat sy die gewoonte gehad het om kaalvoet op die verhoog te gaan.

Cesária Évora: Biografie, Diskografie, Verwysings
Cesária Évora in 2008

Biografie

Évora het in die 1960s haar loopbaan as sangeres in Mindelo op die eiland São Vicente begin. Toe sy net twintig was, het sy al gesing oor die romantiese teleurstellings en die afgeleë aard van die Kaap Verdiese Eilande, wat op CD vrygestel is onder die naam Radio Mindelo. Évora het coladeras (meesleurende liedjies, geskik vir die dansvloer) of mornas (Kaapverdiese blues) gesing.

In 2004 het sy 'n Grammy-toekenning vir beste kontemporêre wêreldmusiekalbum gewen.

Haar musiek word deur baie mense gesien as wêreldmusiek. Sy het meestal in die Kaapverdiese Kreools gesing, soms ook in Portugees en Frans. Sodade (Saudade) is 'n term wat gereeld na melankoliese liedjies terugkeer. Haar werk is deur verskillende groot name in die DJ-wêreld gemeng, waaronder Carl Craig, Osunlade en Kerri Chandler, en sy het saamgewerk met bekende musikante soos Eleftheria Arvanitaki, Marisa Monte, Bonnie Raitt, Compay Segundo, Kassav' en Caetano Veloso.

In 2009 het sy 'n heeltemal nuwe CD (Nha sentimento) vrygestel, 'n album wat die swaarheid en ligtheid van haar stem kombineer met aansienlik meer Latyns- en samba-invloede as gewoonlik.

Miss Perfumado, Cesaria en Cabo Verde is bekende werke van haar. Haar bekendste liedjies is Sangue De Beirona, Tchintchirote en Sodade. Sedert 2005 het haar gesondheid agteruitgegaan en het sy 'n aantal operasies ondergaan. Dit het haar genoop om haar loopbaan einde September 2011 te beëindig. Op 17 Desember 2011 is Évora op 70-jarige ouderdom aan hartversaking oorlede.

Ter ere van Cesária Évora is die lughawe São Pedro op 8 Maart 2012 herdoop tot die Cesária Évora International Airport.

Diskografie

Albums:

  • La Diva Aux Pieds Nus (1988)
  • Distino di Belita (1990)
  • Mar Azul (1991)
  • Miss Perfumado (1992)
  • Cesária (1995)
  • Cabo Verde (1997)
  • Nova Sintra (1998)
  • Café Atlantico (1999)
  • São Vicente di Longe (2001)
  • Voz d'Amor (2003)
  • Rogamar (2006)
  • Nha sentimento (2009)

Versamel- en lewendige-albums:

  • Sodade - Les Plus Belles Mornas de Cesária (Beste van-versameling, 1994)
  • Club Sodade (Remixalbum, 1996)
  • Live à L'Olympia (Livealbum, opgeneem in Olympia, Parys, 1996)
  • Colors of the World (Allegro Music, 1997)
  • Best Of (Beste van-versameling, 1998)
  • Anthology(Beste van-versameling, 2002)
  • Anthology - Mornas & Coladeras (Dubbele-cd-uitgawe van Anthology, 2004)
  • Live D'Amor (Lewendige-DVD, opgeneem in Le Grand Rex, Parys, 2004)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Cesária Évora BiografieCesária Évora DiskografieCesária Évora VerwysingsCesária Évora Eksterne skakelsCesária Évora17 Desember1941201127 AugustusKaap Verde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalMisdaadEskomEiffeltoringIdioomMorfologie (taalkunde)Elizabeth II van die Verenigde KoninkrykDiskriminasieVioolKarakteriseringBysteekKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMetafoorTelwoordHeuningbyVolkspeleTydMynbouEkonomiese sektorErosieRooibokKewerHector PietersonDiepaartromboseMusieksimboleVulvaVitamienSinoniemCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHeks van HexrivierRymSoortnaamDie ontstaan van die dramaNatuurrampXenofobie in Suid-AfrikaBeroerteGawes van die Heilige GeesVoortrekkermonumentJosef StalinGesondheidKweekhuiseffekErfenisPiet ByleveldWinnie Madikizela-MandelaVoedselsekuriteitSkaakSamestellende afleidingRuslandWit menseJaco JacobsAfleiding (taalkunde)RobbeneilandBoesmanOntwikkelende landVraag en aanbodOpenbare betrekkingeOntbossingGroenteSkeurbuikAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWetenskaplike metodeAtoomSquare danceDuitse maselsRamsar-vleilande in Suid-AfrikaInternetWaterstofMetamfetamienAborsie in Suid-AfrikaBoelieryNasionalismeHoutAarverkalkingOrtopedieSeks🡆 More