DVD is 'n formaat vir optiese stoorskywe, wat soos die kompakskyf (CD) uit polikarbonaat bestaan, 'n deursnee van 12 sentimeter en 'n dikte van 1,2 millimeter het.
In teenstelling met die CD word dit egter uit twee plate van 0,6 millimeter elk vervaardig, wat die aftasting met 'n laserstraal minder moeilik maak. Die twee kante van 'n DVD-skyf kan albei twee lae met inligting bevat en bied derhalwe 'n stoorkapasiteit wat 25 keer groter kan wees as dié van die CD. Die oordragsnelheid van die DVD is eweneens vertienvoudig.
Aanvanklik staan die afkorting DVD vir Digital Video Disc (Digitale Videoskyf), maar dit word gewysig tot Digital Versatile Disc (Digitale Veelsydige Skyf) nadat die medium ook as lees- en stoormedium vir rekenaars en as medium vir oudio-toepassings bekend gestel word.
Die DVD-standaarde word ontwikkel en beheer deur die DVD-Forum, 'n werkgroep van die vernaamste vervaardigers van harde- en sagteware.
Die formaat DVD-Video is in 1996 op die Japanse en Noord-Amerikaanse markte ingevoer.
DVDs is tans in nege verskillende formate beskikbaar (die HD-DVD word in 2005 ingevoer, BluRay sal HD-DVD 'verfang' en is in 2008 befestig):
DVD-FORMAAT | FUNKSIE |
---|---|
DVD-Video | Weergawe van beeld en klank (agt ure in hoë kwaliteit) |
DVD-Oudio | Weergawe van musiek in hoë resolusie, dikwels met bonusmateriaal soos video's, prentgalerye en diskografieë |
DVD-ROM | Stoormedium vir gegewens wat in DVD-aandrywers gelees, maar nie oorskryf kan word nie |
DVD-RAM | Stoor- en opnamemedium vir alle soorte gegewens en TV-programme, funksioneer soos 'n hardeskyf |
DVD-R | Stoor- en opnamemedium vir alle soorte gegewens en TV-programme wat een keer beskryf kan word |
DVD-RW | Stoor- en opnamemedium vir alle soorte gegewens en TV-programme wat tot 1 000 keer beskryf kan word |
Mini-DVD | Formaat wat videogegewens in DVD-kwaliteit op 'n CD-R of CD-RW kan stoor (maksimaal sowat 30 minute speeltyd) |
DualDisc | Formaat wat uit 'n CD- en DVD-plaat saamgepers word, bied CD-klank en DVD-Video- en/of DVD-Oudio-materiaal |
HD-DVD | Stoor- en opnamemedium vir groot hoeveelhede gegewens, geskik vir TV-programme en video's in hoë resolusie |
Blu-Ray Dics | Stoor- en opnamemedium vir groot hoeveelhede gegewens, geskik vir TV-programme en video's in hoë resolusie. 25 GB per laag, maks. twee lae vir nou met 'n totaal van 50 GB |
Wiki Commons bevat media in verband met DVD. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article DVD, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.